Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Skriflesing: 2 Kor 3: 1-18
Ek wil julle die die storie van die ou kerkvader Augustinus se bekering vertel. In die jaar 386, in Milaan in Italie, sit drie vriende en gesels. Dit is Augustinus , die beroemde professor uit Noord- Afrika, en sy twee vriende Alypius en Ponticianus. Ponticianus sien die Nuwe Testamentiese geskrifte daar lê en vra of Augustinus ‘n Christen is. Ondanks die feit dat sy ma, Monika, al lank vir hom bid en ondanks die feit dat hy baie geїnteresserd is in die Christelike leer, erken Augustinus dat hy nie ‘n gelowige is nie. Dan vertel Ponticianus van sy eie ontdekking van die Christelike geloof. ‘n tyd tevore het hy iets gelees het, êrens in ‘n huis waar hy tuisgegaan het terwyl hy op een van sy reise was in diens van die keiser. Dit was ‘n boek, vertel hy oor die lewe van Antonius, die bekende vroeë gelowige uit Egipte. Antonius het die Christelike geloof aanvaar toe hy by gelentheid in ‘n kerk was en gehoor het hoe daar voorgelees word uit die Evangelie van Matteus. Dit wat hy gehoor het, het hom so diep geraak dat hy ‘n volgeling van Jesus Christus geword het. Dit het sy lewe ingrypend verander.
Wanner Augustinus so luister na sy vriende se verhaal ontstel dit hom baie. Dit laat hom opnuut leeg en verward voel en vol hunkering na wat hulle gehoor en ontdek het. Hy staan dan op, gaan uit in die tuin om alleen te wees, en onder ‘n vyeboom bars hy in trane uit. Dan hoor hy ‘n stem van ‘n kind wat sing. Hy kan nie uitmaak of dit ‘n meisie -of seunstem is nie. Maar die woorde is baie duidelik . . . Tolle lege. Tolle lege wat beteken neem lees, neem lees. Dit is toe dat Augustinus net weet hierdie woord is vir hom bedoel. Hy gaan die huis binne en neem die Nuwe Testamentiese boeke en begin lees by Rom 13:13 en verder. Hy sien homself in hierdie woorde van Paulus . Hy hoor die Roemeine brief met hom praat en hy kom tot geloof. Natuurlik tot groot vreugde van sy ma wat so vir hom gebid het. Dit bly vir my steeds ‘n aangrypende verhaal. So sou daar deur die jare heen ander mense wees wat ook baie diep geraak sou word deur die lees van die Woord en tot geloof kom. Bekendes soos Martin Luther in die toring by Erfurt, John Wesley in die St Paulus katedraal in London en dan sommer net gewone mense. Julle sal ook kan vertel. Party dramaties; hulle het die Woord gelees of gehoor en net besef nou is dinge nie meer dieselfde nie. Ander het net geleidelik tot die besef van die boodskap van die Woord gekom. Ander het groot geword onder die geklank van die Woord. Ekself het grootgeword met die Woord.
Maar hoekom vertel ek die verhaal van Augustinus en van ander wat so diep aangeraak was deur die Woord? Om te illustreer wat die kerk se ervaring oor jare sou wees, naamlik dat deur die Bybel, deur Gods Woord , deur die lees daarvan, deur die hoor daarvan, sou die Here met mense praat . . . tot nou toe. Deur die Woord hoor ons God se Woord. Die kerk het deur die eeue hierdie ervaring op ‘n verskeidenheid wyses verwoord. Deur beelde, deur uitdrukkings, deur vergelykings. Een so ‘n beeld wat hierdie wonderbare werking van die Woord beskryf is die beeld van die Woord wat soos ‘n spieël werk waarin jy kyk. Daarom het ons 2 Kor 3 saamgelees. Dit is asof die apostel Paulus laat deurskemer dat die Woord wat soos ‘n spieël werk, eintlik ‘n vreemde, merkwaardige soort spieël is. As ‘n mens normaalweg in ‘n spieël kyk, dan sien jy mos die beeld wat die spieël weerkaats wat voor die spieël gebeur. So byvoorbeeld as jy voor ‘n spieël staan en ‘n beweging maak , dan sal die beeld in die spieël ook die beweging naboots. Dis immers ‘n spieël. Maar hier gebeur presies die teenoorgestelde. Die een voor die spieël word al hoe meer verander om die beeld in die spieël te weerkaats. Die een wie se beeld in die spieël is, is Christus. Sy heerlikheid, sy goedheid, sy genade, sy liefde, sy barmhartigheid. En as ons lank genoeg in die spieël kyk, word ons algaande verander om die heerlkheid van Christus te weerspieël.
So beskrywe Paulus dit in v 18: Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al hoe meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is. En so leer die wêreld vir Christus ken in die gedaante van die gelowiges. Deurdat die gelowiges voortdurend in die spieël kyk van God se Woord en verander word om meer soos Christus te wees. Dit is die wonderbare werking van die Woord. Ons lees die Woord, ons hoor die Woord en die Here help ons om die liefde van Christus daarin te sien en ons word dan self verander om meer soos Christus te wees.
En dan gebeur ook ‘n ander wonderlike ding. Ons sien onsself ook in ‘n nuwe lig. Ons sien vir Christus, maar ons sien ook onsself in ‘n ander lig. In hierdie verband lees ek van Amerikaanse kunstenaar, Andy Warhol, wat die volgende gesê het: ek kyk in die spieël en ek sien niemand nie. Hy bedoel daar is niemand nie, geen person, geen identiteit nie. Hy is iemand nie. Hy weet nie wie hy is, waar hy vandaan kom en waarheen hy oppad is nie, wat hy doen en waarom nie. En so is baie mense van ons tyd. Hulle weet nie wat die doel van hulle lewe is nie, en weet nie die sin van die lewe nie. As baie moderne mense voor die spieël staan, dan sien hulle ook niks. Te midde daarvan bely die Christelike geloof dat as ons in die spieël van die Woord kyk, ons vir Jesus sien en ook onsself op ‘n nuwe manier verstaan. Want ons sien ook wie ons is in God se oë en ons sien onsself as voorwerpe van God se liefde.
Die Hervormer Calvyn het so mooi hieroor geskryf: ’n Mens kan jouself net beter leer ken as jy God leer ken en jy kan God slegs leer ken as jy jouself beter leer ken. Godskennis en selfkennis gaan saam. En hoe leer ons God ken? In Jesus Christus. Jesus Christus is die spieël van God self. In Hom sien ons vir God. En waar leer ons vir Jesus Christus ken? In die Woord, antwoord hy, want dit is die spieël waarin ons die heerlike beeld van Jesus leer ken en in sy gesig sien ons die vriendelike , liefdevolle aangesig van God. Dit is wat geloof dan eintlik ook is. Om na te dink, jou te bly verwonder . . . jou lewe lank oor hierdie aangesig van God, wat ons sien in Jesus Christus, vir wie ons sien in die Woord.
Daarom bid ons dat almal nog steeds getrou Bybel sal lees sodat ons steeds vir Christus daarin sal sien en so eintlik die aangesig van God en so ook al hoe meer verander kan word na die beeld van Christus. En so ook gedurig herinner sal word wie ons is. En dit ook saam met ander te lees. Bybelstudiegroepe is belangrikDie Bybel moet ook weesbeskikbaar vir ander sodat hulle ook soos Augustinus en ander vir die eerste keer die liefde van die Here kan leer ken.
Ons het so ‘n pragtige lied wat dit alles so mooi opsom: U het die brood gebreek eens by die meer – breek nou die lewensbrood vir my ook Heer. Wil steeds u waarheid meer aan my ontvou, tot ek ook in u Woord my Heer aanskou. U is die lewensbrood, Heiland vir my. U is die waarheid Heer, U maak my vry. U beeld straal uit die Skrif so helder voort , u soek ek Heer , Uself, o lewend Woord.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.