Drie Eenheidsondag

Drie Eenheidsondag

NG Kerk Gansbaai

Lees Genesis 28

Drie-Eenheidsondag is op 22 Mei 2016 en God kom na ons toe as Skepper, Verlosser en Trooster. Nie net in die Woord nie, maar ook in die sakrament van die doop.

In die sakramente kom God ons kleingeloof te hulp. Die doop herinner ons wie God is, hoe God werk en waar ons troos en sekerheid lê.

 Ons doop is ons grootste skat wat ons moet koester. Daarom is sakramente daar om die gemeente in geloof te versterk. Soos in die nagmaal kom God in die doop na ons toe. En in Sy kom na ons toe herinner Hy ons weer hoe Hy is.

Ten diepste handel die sakramente oor hoe God handel. Ons het so geleer met tyd om vas te val in versies wat vir ons antwoorde gee oor doop en verlossing. Maar ons mis die getuienis van die Bybel as geheel wat ons wil herinner hoe God is. Daarom dat ons ‘n Ou Testamentiese teks lees, want dit is dieselfde God wat Homself in Christus aan ons kom openbaar het en wie deur die Heilige Gees geloof in ons gewek het.

Jakob help my die verbond verstaan, God verstaan en die mens verstaan. Dis hoe God is en dis hoe mens is.

Jakob het  saam met sy ma Rebekka ‘n plan  gesmee het om die oudste van die tweeling, Esau, te bedrieg, en so die seën bedoel vir die oudste by sy pa, Isak, te kry. ‘n Ou man, wat se swakheid van sig en ouderdom uitgebuit is vir Jakob se gewin.

Jakob weet hy het ‘n vyand gemaak en hy vlug. ‘n Reis van  800 km. Ons weet nie wat in sy gedagtes aangaan nie. Elke aand vat hy klip plaas sy kop daarop en slaap. Dink God en sy broer raak al hoe verder weg.

En dan een nag, soos ander, verskyn God aan Hom. Skielik word die “non-place a crucial place”.

Bedink bietjie ‘n reis te voet deur die Karoo ver van die paaie. Die aande verloor eintlik betekenis. Een plek nie soveel anders as ander plek. Te midde van so lang reis op ‘n aand soos die ander kom God na Jakob toe en bevestig Sy verbond. Sal dink God se woorde sal aankla. Tog is dit is net ‘n belofte. In sy slaap ontvang hy ‘n alternatiewe toekoms. God se ingryp en voorsien is nooit ver nie. Sy teenwoordigheid word nie bepaal deur sigbaarheid.

Hoe stel God Hom bekend? In terme van verbond en keuse van Jakob se voorvaders. Juis oor sy belofte aan voorvaders van Jakob ontmoet Hy hom op die reis. Juis daaroor is hy hier in middel van niks. God se beloftes dwing Hom.

Lees gerus al die beloftes in die teks. Jakob is eers bietjie benoud en toe tipies mens begin hy voorwaardes stel!

Wonder is: “That God can be so decisively present to the exiled one.” God kom bind hom aan die vlugtende bedrieër. Een kommentaar skryf oor die onverstoorbaarheid van God se genade. God se genade word nie bepaal deur ons goeie karakter al dan nie. Die karakter van Jakob negeer nie die genade nie. Hoe God hier is word gereflekteer in die Nuwe Testament  met  baie beelde: Hy het ons liefgehad toe ons nog ver  was, toe ons vreemdelinge was, toe ons sondaars was, van voor die uitverkiesing van die wêreld af. Ook vanoggend kom God na ons in Woord en sakrament.

Ons doop want die doop herinner ons aan daardie geloofswaarheid. Die troos dan soos in geval van Jakob is dat God se trou groter is as my ontrou. Ons kan daarin rus.

Hierdie kinders herinner ons aan die onverstoorbaarhied van God se guns. Hulle hoef hulle nie te gaan bewys of guns te verdien.

Doop is nie ‘n ruiltransaksie nie. My geloof in ruil vir doop. God deur Sy Gees skep uit niks. Ten diepste kan ek nie my eie sekerheid skep en opwek nie. Kan ek dit nie in standhou nie. Geloof is ‘n geskenk en God hou Sy geskenk in stand. Ons rus in God se keuse vir my en nie my keuse vir God.

Drie Eenheidsondag

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai