God kom altyd na my toe

God kom altyd na my toe

NG Kerk Gansbaai

God kom altyd na my toe

Die sakramente se simboliek wil ons herinner hoe God is. Hoe God werk. Die Jakobverhaal in Genesis 28 het my nog altyd gehelp om die doop te verstaan. Jakob, die kleinseun van Abraham aan wie God verbondstrou belowe het, hardloop weg van Berseba na Haran. Weg van sy broer wat hy verkul het. Elke aand plaas hy sy kop op ‘n klip en een aand (tussen baie op ‘n 800 km reis) droom hy van ‘n trap wat die hemel en aarde verbind. God praat met hom. Beloftetaal en verbondstaal.  

Ten spyte van sy onlangse slegte geskiedenis reën die beloftes op hom neer. Hoekom? Omdat God getrou is aan sy beloftes aan Abraham se nageslag. Die beloftes tel meer as die karakter van die een aan wie die beloftes gemaak word. Ons bring ons kinders omdat God kies voordat ons ons kan bewys. Hy kom haal ons as ons nog ver is. Hy bevestig en gee hoop. Ons is die ontvangers van die water, die brood, die wyn en bowenal die lewe.

God kom altyd na my toe

Dr.Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai