Gebed

Gebed

NG Kerk Gansbaai

Gebed

Gebed is nie werk nie. Gebed is verwondering en rus. Karl Barth het boekie oor gebed geskryf en herinner ons dat die blote verwondering dat ek juis met God mag en kan praat reeds gebed is. Gebed is die gawe van “gehoor” wees asook die gawe van luister na God ook in my eie hart. In gebed val die maskers wat ek voorhou vir die wêreld. Kom ek na God toe, soos ek is, maar met die wete dat ek tuis is, altyd verwelkom word.

Gebed is nie werk nie, dit is om te rus by God en bewus te word van God se tyd en God se manier wat nie noodwendig my tyd of manier is nie. Gebed is reflekteer en stilbly, smeek en bloot wees. Gebed is die erkenning dat God nooit ver is nie. Gebed is die soeke na wysheid en onderskeiding in hierdie wêreld waar ons gebombardeer word met te veel inligting, "input" en opinies. Gebed is die “laat” van Galasiërs 5, die toelaat vir die Heilige Gees om in my te werk en my al hoe meer die beeld van God gelyk te maak. Gebed is God se guns.

Gebed

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai