Al die bome sal weet

Al die bome sal weet

NG Kerk Gansbaai

Al die bome sal weet
Teks: Esegiel 17: 22-24. Ek kan nogal dink ek sal ‘n weddenskap kan wen as ek skryf dat niemand dit al ooit gelees het nie! Die opskrif van hoofstuk 17 is: “Ek maak groot boompies klein en klein boompies groot.” Die hele hoofstuk is ‘n kreatiewe spel van metafore tussen bome/plante en volke op aarde.

In vers 22 kry ons God wat ‘n seder plant waarin al die voëls bly en wat almal kan sien en dan die woorde: “Al die bome in die veld sal weet dat Ek die Here is”. Dit is nie die enigste plek in die Bybel wat ons lees dat God die God van die skepping is en dat Sy grootheid ook erken word deur alle geskape dinge nie. Die skepping verkondig God se grootheid: Boom aan boom, dier aan dier . . . 

 Ook is hier onderliggend ‘n interpretasie wat gerig is op die politieke spel van daardie dag. Soos God plant en uitroei, laat groei en verdor, is Hy ook in beheer van die wel en weë van alle nasies, nie net Israel nie. Dit is ‘n sterk tema in al die profete boeke, dat Israel moet besef die groter prentjie is in God se hand.

Miskien wil dit ook sinspeel dat ons na die natuur moet kyk om herinner te word dat ons lewe in God se hand is. Sodat nie net al die die bome in die veld nie, maar ook alle mense sal weet dat God die Here is. Here is tog “Lord”. Meer as dit is die sentrale boodskap van Paulus: Jesus is die Here. Die Jesus wat sy verhouding met sy Vader en met ons verduidelik in terme van ‘n wingerdstok en lote.

Wie sê ons kan nie by bome iets leer nie!

Al die bome sal weet

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai