Gesinsdiens

Gesinsdiens

NG Kerk Gansbaai

Die kerkraad het die Jeugbediening se versoek om eenmaal per kwartaal 'n gesinsdiens in die kerkgebou te hou, goedgekeur. Hierdie besluit is geneem na aanleiding van ouers se versoek om aan hulle kinders blootstelling te gee aan 'n erediens in die kerkgebou. In die lig van hierdie besluit is daar op Sondag 4 September 2016 'n gesinsdiens in die kerkgebou gehou.

Die diens is gelei deur Dr. Lisel Joubert.

Voorafsang is waargeneem deur Dries van Heerden en Robert Dahl.
Die tema van die preek is deur middel van mimiek deur Lara en Nina Strydom, Hilke Swanepoel en Carli Lourens uitgebeeld.

'n Graad 3 koor het die lied "Ek is spesiaal" gesing. Mya Joubert het gehelp met musiekbegeleiding.

"U Troon is gebou op geregtigheid en reg
Liefde en trou staan in u diens
Gelukkig is die volk wat kan jubel tot U eer,
wat in U lig lewe Here"

Skriflesing:Jesaja 5, Amos 5
(Gedagtes rondom die skrifgedeeltes en tema: Reg en Geregtigheid)


Die kern van die Nuwe Testament is maklik om uit te sonder:
God is  liefde
God het jou lief
Daarom moet ons mekaar liefhe

Die kernwoorde van die Ou Testament ken ons minder goed, naamlik Reg en Geregtigheid (justice and righteousness). In Hebreeus Mispat en Sedekah

Geregtigheid is nie barmhartigheid nie.  Barmhartigheid is om komberse te gee in koue of om vir ander kos te gee. Ons moet barmhartigheid beoefen,want ons is kerk.  Ons is ook goed met barmhartigheid.
Reg en geregtigheid het daarenteen te make met herstel. Om onreg reg te stel. Om verskoning te vra, om te erken 'n fout is gemaak en om dit reg te stel. Die wortel van geregtigheid in Hebreeus het te make met “reguit”. Soos iets moet wees, soos God dit wil. Die reg of “justice” het te make met die wet of Torah. Die wet is om na mense om te sien. Die reg moet geskied om onreg weer in geregtigheid te verander. 
Die volk is gevra om God se eie reg en geregtigheid na te boots. Die vrug van reg en geregtigheid is dan vrede. Shalom. Harmonie. Onvrede en onreg is dan in diepste herstel, dit is nie ‘n bolangse vrede nie. God is dan daar waar onreg is. Hy staan die by aan wie onreg gedoen is. 

Ek dink nogal barmhartigheid is makliker as geregtigheid. Geregtigheid maak emosies los, kan konflik veroorsaak, vra inmeng, vra anders weeg, vra om my sonde idee te herbedink.

Tog is dit ook ‘n  troos, want baie keer is ons aan die kant van onreg. Ons die wat onreg teen gepleeg is, ons wie se reg nie gehandhaaf word nie, uitgebuit is, op getrap is. Dit is ons troos om te weet God se hart is by ons.

Jesus het dan ook juis gese in Matteus
Matt 5: 20
(OAV) Want ek se vir julle dat as julle geregtigheid  nie oorvloediger is as die van die Fariseers nie, julle nooit in die koninkryk van die hemel sal ingaan nie
(NRSV) For I tell you that unless your righteousness exceeds that of the scribes . . .

Matt 6: 33
(NRSV) But strive first for the kingdom of God and his righteousness and these things will be given to you
(NAV)  Strewe eers vir die koninkryk van God en die wil van God
(OAV) Strewe eers vir die koninkryk van God en sy geregtigheid en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word


Reg en geregtigheid is nie 'n nuwe plig of wet nie. Dit word gebore uit verlange omdat ons ook soos God wil wees. Die bron van wat goed en reg is.

Gesinsdiens

Dr.Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai