Wyd oop

Wyd oop

NG Kerk Gansbaai

Wyd oop

Ons is mos eintlik ons eie grootste vyand. Ons soek baie keer ander mense om te blameer dat ons nie groei of nuwe dinge aanpak nie, maar eintlik plaas ons self hindernisse op die pad. Baie subtiel en elkeen s’n lyk anders. In 2 Korinthiers probeer Paulus die moeilike verhouding tussen hom en die gemeente in Korinte hanteer. Hulle bevraagteken sy apostoliese gesag omdat hy nie net sê wat hulle wil hoor nie. Hy push hulle om anders te dink en te leef.

Deurdat hulle hulle “toemaak” vir Paulus se woorde plaas hulle die blaam op hom. Hy skryf egter in 6: 12 “Julle word nie deur ons ingeperk nie, maar julle word deur julleself in julle eie binneste ingeperk……Stel julleself ook wyd oop vir ons.”

Paulus besef dat dit die mense van Korinte se ingesteldheid is wat gaan maak of hulle luister of nie en hy nooi hulle uit om hulle binneste oop te stel. Miskien sluit hulle dit toe want hulle is bang dat dit wat hulle hoor gaan beteken dat hulle anders moet dink en nuut weer moet besin. Ons almal ken daai gevoel. Bly maar by die bekende.

Die Direkte Vertaling van Psalm 4 bring God ook hier in die prentjie: “In die noute het U vir my ruimte gemaak.” (Psalm 4:2). Miskien kan God deur sy Gees ook ons binneste oper en wyer maak.

Wyd oop

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai