God verander

God verander

NG Kerk Gansbaai

God verander

Die Ou Testament praat nooit van ‘n statiese God – ‘n God wat bloot is en onveranderd bly soos ‘n blote objek nie. God word uitgebeeld as een wat verander. 1 Samuel 15: 34 (teks van Revised Common Lectionary vir die week) lees ons dat God bedroef was dat Hy vir Saul koning gemaak het. Dit is nie die eerste of laaste keer dat sulke woorde oor God geuiter is nie. Die vloedverhaal in Genesis 6 begin ook met die woorde: “…want ek is bedroef/teleurgestel omdat ek hulle gemaak het”.

Eie aan die Ou Testament word menslike emosie uitgebeeld om Goddelike optrede te beskryf. Ook so met God se woede. Is die belangrike hier ‘n diep filosofiese Gods vraag, soos: “Kan God spyt wees?” en wat is die implikasie vir sy bv. “alwetenheid” en “almag”? Ek dink nie so nie. Ek wil heel eerste weet wat maak God bedroef of kwaad, want dan verstaan ek sy “hart”.

In Genesis 6 is dit die geweld van die mens. In Samuel is dit moontlik ongehoorsaamheid en weerspannigheid (volgens vers 23).  Miskien is die kern dat God nie onaangeraak word deur ons dade nie. Of miskien dat die geboorte van Christus en die voleinding in goedheid nie blote welwillendheidsgeskenk van ver bo af is nie, maar die ten spyte van, van God, wat getrou bly en struggle met die vir wie Hy lief is tot die einde. Soms bedroef, soms kwaad, soms….maar nooit los Hy nie. Dit is wat die kruis beteken. Bloed,verlatenheid en sweet staan nie in teken van ‘n in rots gegiete statiese God nie.

God verander

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai