Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Skriflesing: Handelinge 1:1-8, Romeine 1:16,17
As ons vandag moet gesels oor die betekenis van die kerk, wat sal ons alles sê: aan die eenkant:
die kerk is my geestelike tuiste waar ek geestelik gevoed word,
my kerk is my ondersteuningsgroep in moeilike tye,maak dat ek deel is, aanvaar word, erken word
die kerk speel ‘n baie groot rol in die bystaan van mense in nood - op baie groot skaal, ouermense se versorging, maatskaplike dienste, sodat jy jou nie kan indink dat die kerk nie daar is nie.
Aan die anderkant:
mense wat geen waarde daaraan heg nie, wat nie hierdie vraag vra nie.
Ek hoor een van ons kerkraadslede sê hy kom nuwe intrekkers teë wat sê hulle doen nie die kerk ding nie.
Party se ja vir Jesus maar nee vir georganiseerde godsdiens.
Ek lees van mense wat sê dat hulle as gesin verkies die Mall op ‘n Sondag, dis al tyd wat hulle bymekaar kan kom.
Wat sal ons sê vir mekaar . . . oor die betekenis van die kerk?
Die antwoord vir my oor die mees basiese betekenis van die kerk is geleë in die gedeelte wat ons saamgelees het en spesifiek in die woorde van vers 8 van Hand 1: “en julle sal My getuies wees . . . asook in die woorde in Rom 1:16 “die evangelie is ‘n krag tot redding” . Ons kan oor baie dinge praat as dit by die betekenis van die kerk kom, oor die geestelike tuiste, die rol van die kerk om mense in nood by te staan, die ondersteuning in moeilike tye, maar die belangrikste . . . julle sal My getuies wees, die evangelie is ‘n krag tot redding. Iets oor julle sal My getuies wees. Kom ons lees die hele vers: Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterstes van die aarde. Die woord maar verbind hier v 8 met die voorafgaande vers en bring die volgende by die apostels tuis: dit was nie vir hulle beskore om die tye of geleenthede in verband met die koninkryk te weet nie, maar wat hulle wel mag geweet het was dat hulle krag sou kry wanneer die Heilige Gees oor hulle kom en hulle sal Jesus se getuies wees. Dus hulle mag geweet het wat hulle taak vir die toekoms en hulle toerusting daarvoor sou wees. Alles wat hulle sou sê of doen sou in die toekoms saamgevat word in die woorde . . . Jesus se getuies. Herhaardelik word die apostels dan ook in Handelinge beskryf as getuies van Christus. Toe hulle ‘n apostel in die plek van Judas moes kies, staan daar in Hand 1:22: daar moet dus nog ‘n getuie van Jesus se opstanding by ons gevoeg word. God het hierdie Jesus uit die dood laat opstaan. Daarvan is ons almal getuies. Hand 3:15: So het julle Hom die Leidsman na die lewe toe doodgemaak, maar God het Hom uit die dood opgewek en daarvan is ons getuies. In Hand 22:15 word vertel van Paulus se bekering en dan staan daar: Die God van jou voorvaders het jou uitgekies om sy wil te ken, die Regverdige te sien en sy stem te hoor, want jy sal vir alle mense sy getuie wees. Ek dink in hierdie verband aan Joh 16 waar oor die werk van die Heilige gees geskrywe word en dan staan daar in v 7 dat Jesus die volgende gesê het: Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Voorspraak, die Heilige Gees nie na julle toe kom nie, maar as Ek gaan sal Ek Hom na julle toe stuur. En wanneer Hy kom sal Hy bewys dat die wêreld skuldig is aan sonde en dat die reg aan My kant is en dat die oordeel al gekom het. Dus, die Heilige Gees kom as ‘n ware om die saak van Jesus weer oop te maak en om te getuig dat Jesus die waarheid aan sy kant gehad het en dat die wêreld verkeerd was. En nou in die heropening van die saak kom die Heilige Gees en gebruik die gelowiges om van Jesus te getuig. Wat sê dit eintlik? Dit sê dat die betekenis van die kerk ten diepste te make het met die boodskap wat die kerk verkondig. En hierdie boodskap is nie deur mense uitgedink nie, maar deur Christus bekend gemaak en aan die kerk toevertrou. Die kerk is daarom nie iets wat bv slegs demografies of sosiologies of ekonomies beskou kan word nie, maar as ‘n geloofswerklikheid wat uit God gebore is. Dit is die Here deur Sy Gees wat die kerk tot stand gebring het sodat die boodskap van God se liefde deur Jesus verkondig kan word deur woord en daad.
En hierdie boodskap sou Paulus dan ook ‘n krag tot redding noem vir elkeen wat glo. ‘n Krag tot redding vir elkeen wat glo. . . Dit is ‘n krag tot redding omdat oral waar die evangelie verkondig word, is God se krag teenwoordig om mense te red. God laat nooit Sy woord uit Sy hand los nie, Hy spreek self in en deur die verkondiging van die evangelie en soos iemand dit mooi gestel het: lê verlossend beslag op diegene wat die Woord hoor. En dit kan so wees omdat die geregtigheid van God daarin geopenbaar word. Om gered te word moet ‘n mens in God se oordeel vrygespreek word. So het die Jode dit destyds goed geweet. Hulle egter het gemeen dat ‘n mens deur die onderhouding van die wet sodanig regverdig kan wees dat God so ‘n persoon sou vryspreek. Volgens Paulus se prediking sou dit egter heeltemal onmoontlik wees. Die sondaar kan homself nooit deur sy goeie werke verlos nie. Die mens kan alleen gered word as God so ‘n persoon van sy kant regverdig verklaar. En dit gebeur as iemand in Jesus glo omdat Jesus die sonde van die wêreld versoen het. Hierdie boodskap is aan die kerk toevertrou, die geregtigheid wat God deur Jesus skenk. Die feit dat God die sondaar regverdig verklaar om Jesus ontwil. Dit bly merkwaardig dat dit juis hierdie verse was wat die Here gebruik het om vir Luther vrede te gee. Dit was juis toe hy ontdek dat ‘n mens alleen voor God geregverdig kan staan op grond van die soenverdienste van Jesus. Ek dink nou aan die teks in 2 Kor 5:21: Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons deur ons eenheid met Christus deur God vrygespreek kan wees. Die evangelie is inderdaad ‘n krag tot redding vir elkeen wat glo. En hierdie evangelie is aan die kerk toevertrou om te bly verkondig.
En daarom sal die kerk altyd betekenisvol wees, altyd relevant .Prof Willie Jonker het oor die boodskap van die kerk die volgende gesê: die evangelie is juis relevant omdat dit nie van hierdie wereld of deur mense uitgedink is nie, maar die boodskap van God is wat met gesag die weg aanwys wat tot die lewe in sy volheid lei. Maar natuurlik is dit ook net relevant, betekenisvol as die kerk wel met getrouheid hierdie evangelie bly verkondig. Net solank die kerk dit nog getrou doen. Want laat ons eerlik wees, in elke geslag is daar nuwe uitdagings vir die kerk en vir sy boodskap wat die aanvaarding van die evangelie bemoeilik en selfs verhinder. Kom ons dink net vir ‘n oomblik aan die tyd waarin ons nou lewe. Vorm die kerk en sy boodskap die middelpunt van alles in die gemeenskap? Wat sou ons dink? Ek dink nie so nie. Vir baie mense is dit lankal nie meer belangrik nie. Die kerk mag in die middel van die dorp staan maar vorm dit noodwendig die middelpunt van die bedrywighede van die hele gemeenskap? Ek dink nie so nie. Dit was natuurlik nie altyd so nie. As jy aan Europa dink, het die kerk sentraal gestaan in die samelewing tot die sewentiende eeu. Gaan kyk maar net na al die katedrale en kerke in bykans elke stad en dorp, soos hier by ons. Maar toe kom daar ‘n tyd wat bekend sou staan as die Verligting. Alhoewel daar ook baie dinge was wat baie positief was soos die opkoms van die demokrasie, be-eindiging van slawerny, ongekende wetenskaplike ontwikkeling ens. Dit ook meegebring dat volwasse, verligte mense al hoe meer vrae begin vra het . . . wie sê die kerk is reg? Is tradisie nie net maar daar om ons gebonde hou nie. Is leerstellings en geloofsidees van vroeër nie maar van verbygaande insig en produk van hulle tyd nie. As ek self kan uitmaak tussen reg en verkeerd, hoekom het ek die kerk en sy spesifieke uitleg van die Bybel nog nodig? Mense sou al hoe meer hierdie vrae vra. En juis dit was die doodskoot vir die relevansie van die kerk in Europa. Nou sê mense wat weet ons beleef ook in ons land die gevolge van die modernisme van Europa. Ons het nie hierdie gees gespaar gebly nie. Vir baie is die kerk en sy boodskap net nie meer aanvaarbaar nie. Soos ek sê, die kerk mag in die middel van die dorp staan, maar is vir baie nie meer die middelpunt van hulle lewe nie. Piet Naude sê so kostelik: Afrikaners is plesierig, dit kan jy glo, maar moet eintlik vir sommige nou lui: Afrikaners is modern, maar kan hulle glo?
Daarom kan ons maar net bid dat die Here ons sal help om getrou die boodskap van die evangelie te verkondig. Getrou, want dan alleen is die kerk steeds betekenisvol en relevant. Dat ons nie sal swig onder die versoeking dat die evangelie nie waar is nie. Dit is en bly die boodskap van God wat met gesag die weg aanwys wat tot die lewe in sy volheid lei. Maar genadiglik sê die verse darem ook julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal My getuies wees. Julle sal krag ontvang. . . Die betroubaarheid van die kerk om die evangelie te verkondig lê gelukkig in hierdie belofte van God. Dit lê in die woorde van Jesus in Mat 28:20: En kyk Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.