Die egtheid van God

Die egtheid van God

NG Kerk Gansbaai

Die egtheid van God

In ons westerse kultuur is ons nogal gepla met waarheid. Veral in Protestanste tradisie wat ek ken. Ons verstaan van waar is redelik rasioneel. Dit beteken iets moet feitelik korrek wees. Dit sukkel soms as ons Bybel lees, want dan begin ons baklei oor Jona en die vis en dan pla dit dat daar veral in die Ou Testament baie weergawes van dieselfde storie is, maar die detail verskil. Lê die waarheid in die detail? Indien wel, watter weergawe is dan waar? Te midde van ons aandrang op waarheid, weet ons ook dat ons dinge nie dieselfde sien of ervaar nie. Weet ons ooggetuies se weergawes verskil ook.

 Wat is waar? As ons oor Jesus praat of hoe God Hom openbaar dan verkies ek die woord “egtheid”. Egtheid ontmoet ek in verhouding. Dit is nie ‘n objektiewe kyk na iets met ‘n spreekwoordelike teleskoop nie, want dan gaan die Drie-Eenheid klaar nie sin maak nie. Egtheid is die ervaring dat ek in ‘n verhouding met Iemand is op wie ek kan vertrou, wat nie ander agendas het nie - behalwe dat Hy altyd “pro-nobis” (vir ons) is. Dan vra ek nie of verhaal “waar” of bewysbaar is nie (soos die arme Jona in die vis nie) ek vra: Wat leer ek oor God, en ek weet dat dit wat ek oor God leer ek in kan rus. Egtheid verblind leuens, waarheid het te veel kriteria. Dan is God nie truth nie, maar  true.

Die egtheid van God

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai