Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Prediker 1: 1-3; 12-14, 9: 7-9 en Jakobus 4: 13-17
In die kerkjaar is dit nou Epifanie. Epifanie beteken verskyning. In die vroeë kerk was Epifanie gevier nog voor Kersfees amptelik gevier is. Epifanie is die fees van die verskyning van God in Christus tussen ons. Dit is die fees van lig en sien en openbaar en raaksien.
Die sien het ook tog make met die raaksien van God se goedheid. Ons tema vir die jaar is “proe en sien dat die Here goed is”. En die maand sal ons ook stilstaan by wysheid. Om Here se goedheid raak te sien het ons wysheid nodig. Wysheid is nie slimmigheid nie. Dit is die insig om te onderskei, te weeg, te sif en te leef uit dit wat jy glo die belangrikste is.
Julle het dalk gewonder of ek swaarmoedig is om uit Prediker te lees vir die nuwejaar. Ek het nog nooit gedink Prediker is negatief nie. Prediker is net bereid om dinge te sê wat ons soms dink en ons te laat wonder oor waarde van die dinge wat ons aanpak en waarop ons vertrou.
Ek wil begin deur iets te sê oor Prediker se refrein “Alles kom tot niks”, “Alles is tevergeefs”. Eintlik help die vertalings ons nie veel nie. Die Hebreeus is “hevel hevelim”. As twee woorde so langs mekaar geplaas word dui dit op oortreffende trap, soos Hooglied, “shir shirim”. Lied van die liedere. Hebel hebelim beteken letterlik “wasem van die wasems”.
Woord “hevel” vertaal as asempie, wasem, vapour. As jy asemhaal op koue dag sien jy jou asem en dan verdwyn dit. Jy kan dit nie vasvat nie. Dis daar maar ook nie. Alles kom tot niks is dus vertaling wat konsep interpreteer. Ek hou meer van idée “alles is wasem”. Een mooi Engelse vertaling is “mere breath”.
Robert Alter vertaal dan: “”Merest breath, said Qohelet, mearest breath. All is mere breath”
En Prediker het dit gaan toets. Wat is stewig, duursaam, genoegsaam, sinvol? Hy het alle rykdom besit, hy het alle plesier nagevolg asook kennis. En aan einde besef dit is ook maar leeg. Dit gee satisfaksie, maar is tydelik.
Robert Alter sal dan die bekende refrein “n gejaag na wind” vertaal met “herding the wind”. Die idée dat jy wind kan vaskeer en oppas. Absurd.
Vir Prediker is die dood dan ook die groot gelykmaker. Nog nie geglo aan lewe na dood, dood is einde. Maar self ons wat glo dat in Christus ons herskep word weet ons tog ons besittings, plesier en kennis gaan nie saam nie. 'n Rabbi wat gesê het hy was nooit by iemand se sterfbed en die persoon het gesê dat het hy wens hy/sy het meer gewerk nie, sal eerder sê meer tyd aan geliefdes bestee en die hede geniet.
Vir Prediker is die sin om dit wat jy nou het te geniet. Nie iets wat jy voor gewerk of verdien het nie, maar as gawe uit God se hand en nie alleen nie, maar saam met ander.
Prediker herinner aan gawe. Giftedness. Alles is gawe. Nie wat ek bymekaarmaak, maar wat ek ontvang. Vir Prediker is die vreugde in die arbeid ens. wat belangrik is, nie die vreugde in die produk nie.
Daarom moet ons ook die jaar weeg en sif. Watter dinge wat ek energie insit help my om bewus te word van God se goedheid en ook van die mense langs my?. Die nou is die geskenk, omarm ek dit of probeer ek die wind vasvang? Is ek onvergenoegd? Of leef ek uit oortuiging dat God bron van lewe en goedheid is.
Jakobus is ook 'n wysheidsboek. Dit staan in tradisie van OT wysheid en gebruik ook die idée van wasem. “Dit is tog ‘n damp wat vir ‘n kort tydjie verskyn en dan weer verdwyn.” (4:14)
Beteken dit: Niks is belangrik. Niks is betekenisvol? Nee. Juis alles is, alles is vandag tekens van God se teenwoordigheid, juis omdat ek nie môre kan vasvang nie. Daar om my nader aan God en naaste te bring. Gaan nie oor my nie.
Johannes praat ook van die Heilige Gees as wind. Die wind wat waai waar hy wil. Prediker wil ons herinner dat ons wil vasvat, orde skep, beheer uitoefen, nie net oor my lewe nie maar ook oor God. “In charge” wees, maar God is meer as my sisteme en die dinge wat ek opbou staan nie noodwendig more nie.
Maar tog verval hy nie in despair nie, raak hy nie apaties nie, gooi hy nie handdoek in nie. Dit is juis omdat alles onseker en tydelik is dat hy kies om die moment raak te sien en te geniet. God is die Een wat gawes gee, en om die gawes te geniet in teenwoordigheid van ander is sy keuse te midde van groter ervaring van tevergeefsheid.
Sy pragmatisme laat hom juis die moment raaksien. Ek ervaar baie keer dat mense so pragmaties en funksioneel is dat hulle kies om die moment te mis: want wat maak dit op einde saak? Of : Ek gaan niks hiervoor kan wys nie. Nee, Prediker kies juis, omdat dit miskien môre nie meer gaan saak maak nie, om dit nou te geniet. En ook definitief nie alleen nie. Dit is tog ‘n gawe van God: werk, kos, wyn en gesels
Daarom wil ek altyd doen wat goed, reg en mooi is.
Wat versleg my verhoudings, my gesondheid, my etiek, my hoop?
Miskien het Prediker dit raakgesien. Gaan nie oor hom. Sy plesier, sy rykdom, sy kennis. Gaan oor God.
Die Deense filosoof SorenKierkegaard het gesê: “The door to happiness opens outward”. NA God en my naaste. Bob Dylan het gesing: You gotta serve somebody. Vraag is net wat of wie?
Kan ons angstig raak om te dink dat ons daagliks lewe uit genade en nie ons beheer oor dinge nie, of dit kan ons vry maak om voluit te leef en vas te hou aan God se getrouheid.
Mag die nuwe jaar gevul wees met die wysheid om dinge te sif, die nou te waardeer, regte keuses te maak vanuit die wete dat God goed is.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.