Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Teks: 1 Kor 3:1-23
19 Febr 2017 was die laaste Sondag van die Epifanie tyd. n Tyd in die kerklike jaar wat op 6 Januarie begin en al sedert die tweede eeu plaasvind. In hierdie tyd word God geëer wie in Jesus deel van ons leefwêreld geword het. Ek sluit vandag aan by die preekrooster se teksgedeelte vir hierdie Sondag nl. 1 Kor 3. Ek kan nie aan ‘n beter teksgedeelte dink om die Epifanie tyd mee af te sluit nie. Want wat kan beter wees as om na te dink oor die belangrikheid van eensgesindheid as ‘n vrug van Jesus se koms na die wêreld. Paulus kon dit nie genoeg beklemtoon nie en doen dit dan ook in hierdie gedeelte. Maar vanuit ‘n baie spesifieke hoek. . .
En hierdie hoek is veral die bekommernis van Paulus oor hy gehoor het dit gaan nie goed in die gemeente nie. ‘n Sekere Chloe en haar huisgenote het vir Paulus vertel dat daar onderlinge verdeeldheid in die gemeente is. En dit het ontstaan by wat wat al genoem is ‘n persoonlikheidskultus. Dit het aanleiding gegee tot groepsvorming wat sou lei tot skewe prioriteite, aangesien die een leier teen die ander leier afgespeel is. Dit het nie net die voortbestaan van die gemeente bedreig nie, maar het ook die verkondiging van die evangelie in gedrang gebring. Vier persone sou onwetend ‘n rol hier speel. Eerstens was daar Apollos. Hy was ‘n begaafde spreker en met sy styl van bediening vir baie aanvaarbaar. Dit het hulle opgewonde gemaak oor die evangelie en oor die toekoms van die gemeente. Dan was daar Paulus self wat sy aanhangers gehad het. Hulle weer het aanklank gevind by sy kalm en beredeneerde styl. Vir hulle was sy uitleg van die grondwaarhede van kardinale belang. Dan was daar Sefas of dan die Petrus groep. Sy aanhangers was hoofsaaklik afkomstig uit Palestina waar hulle tot geloof gekom het voordat hulle na Korinte verhuis het. Hulle klou vas aan sy bediening, want dit herinner hulle aan die prediking in Jerusalem. En dan was daar die Christus groep. Dit is onseker wie en wat hulle presies was, maar dit wil blyk dat hulle hulleself gesien het as beter Christene as die ander. Hierdie groepsvorming het vir Paulus baie bekommer en daarom skryf hy ondere andere hierdie brief.
Die manier waarop hy hulle aanmoedig tot eensgesindheid is merkwaardig. Hy maak gebruik van twee beelde. Die eerste beeld is van iemand wat iets plant en die ander die van ‘n tempel wat gebou word. Na hy geskrywe het in v 4 van die een wat sê: "ek is vir Paulus" "ek is vir Apollos", gaan hy voort in v 5 om te vra: "wat is Apollos dan", "wat is Paulus" en antwoord dan "hulle is maar dienaars deur wie julle tot geloof gekom het en elkeen doen die werk wat die Here vir hom gegee het". En dan in v 6: "ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het". Die punt is soos hy in v 7 mooi verduidelik, dit gaan nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei. V8: "Die een wat plant en die een wat natgooi staan op gelyke voet: God sal elkeen beloon volgens sy werk" en voeg dan by in v9: "Ons is medewerkers in diens van God en julle is die saailand van God". Met ander woorde, weerhou julle daarvan om mense so aan te hang, weerhou julle van groepsvorming, want hulle, dit is nou Apollos, Paulus en Petrus, is maar net dienaars van die Here . . . die belangrikste een is die Here. Dit gaan eintlik oor Hom. Dit is mos eintlik Hy wat die gemeente begin het en wat dit laat voortbestaan.
Tweedens die beeld van die bou van die tempel. In v16 skrywe Paulus: "Julle is ‘n tempel van God en die Heilige Gees woon daarin". Ek weet nie of mense dit nog doen nie, om bv te waarsku dat mense nie iets doen om hul liggame te beskadig nie soos bv om nie te rook nie. Mense herinner dat in hierdie teks staan immers jou liggaam is ‘n tempel van die Heilige Gees. Maar dit is nie wat daar staan nie, hier staan die gemeente is ‘n tempel van God. Die gelowiges saam vorm in hulle saamwees ‘n gebou waarin die Heilige Gees woon. Die tempel is in aanbou. Die fondament is gelê toe Christus wat vir hulle gekruisig is, aan hulle verkondig is. Geen gemeente van die Here kom op ‘n ander manier tot stand nie. Slegs wanneer die evangelie van die kruis van Jesus verkondig word en mense in Hom begin glo, is daar ‘n gemeente. Maar geen gemeente kan net daar bly nie. Want die Heilige Gees wil graag ‘n sierlike gebou hê om in te woon. En nou geskied die bouwerk op twee maniere: deurdat nuwe gelowiges tot die gemeente toetree en deurdat die gelowiges wat reeds daar is, groei in insig en gehoorsaamheid aan die Here. In die proses maak die Here wel van mense gebruik, maar hulle is slegs medewerkers. Hulle almal staan in God se diens, wil Paulus hier vir die gemeente sê. God bou eintlik self sy kerk. Ons sien dit so mooi in die skrywe van Paulus. V10: "Volgens die genade wat God my gegee het, het ek soos ‘n goeie bouer die fondament gelê en ‘n ander bou daarop. Maar hy moet mooi kyk hoe hy verder bou, want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat reeds gelê is nie. Die fondament is Jesus Christus". Ja, beklemtoon hy dat die mense wat in diens van die Here staan, wat aan die bouery deelneem, nie sommer op enige manier kan bou nie, dus nie op enige manier in die gemeente werk nie. Dit sal aan die lig gebring word, of dit nou goeie werk of strooiwerk was. Dink maar aan die skrywe van Paulus vanaf v12: "Of dit goud, silwer, edelstene, hout, gras of strooi is waarmee iemand op die fondament bou, elkeen se werk sal aan die lig kom. Die punt is dat hy die Korintiërs herinner deur hierdie beelde van plant en bou om nie meer te maak van die mense wat in die Here se diens staan as wat hulle eintlik is nie. Mense wat in diens van die Here staan. . . medewerkers van God.
Ons moet mekaar ook gedurig herinner om eensgesind te wees in die Here. Op hierdie dag word ons weer daaraan herinner en veral dan ook vanuit hierdie spesifieke verband, die verband van groepsvorming. Kom ons noem dit kliekvorming. Hierdie gedeelte staan van die vroegste jare al daar as ‘n soort waarskuwing vir gemeentes om te waak teen groepsvorming. Net soos die gemeentes destyds dit nie moes toelaat nie, word ons ook herinner aan hierdie versoeking. In ons gemeente is immers drie leraars werksaam. Ons het Bybelstudiegroepe, ons het bedieninge, elk met sy leiers. Kom ons neem net die leraars as voorbeeld. Mense vind byvoorbeeld meer aanklank by die een as by die ander, dit is menslik, maar nooit tot op die punt dat leraars bv teen mekaar afgespeel word nie. Tot op die punt selfs dat ek eerder kerk toe gaan as dié en dié preek en sal gaan as só en só preek nie. Ons het al baie gewonder of ons regtig die name moet opsit wie preek die volgende Sondag, maar het besluit ons doen dit, want ons wil dit tog persoonlik hou. Nie om mense die keuse te gee of hulle gaan kom of nie. Daar is die grappie van die ds en die koster wat alleen by die aanddiens opgedaag het. Die ds vra toe die koster of dit vanoggend afgekondig is by die erediens dat daar vanaand ‘n aanddiens is en dat hy ook preek. Die koster antwoord toe dat hy eerlik is as hy sê dat hy vir niemand gesê het nie, maar dat dit tog lyk of dit iewers uitgelek het! Leraars werksaam in die gemeente is slegs dienaars in diens van die Here, medewerkers wat self baie versigtig moet wees hoe hulle werk. Slegs op die fondament wat reeds gelê is. Die gelowiges moenie die een teen die ander afspeel nie en sodoende groepsvorming bevorder nie. Dit geld ook vir ons ander bedieninge in die gemeente. Ek wil eerder betrokke wees by ‘n betrokke bediening, want ek hou van só en só, ek kom beter met hulle reg. Dit geld ook vir ons streke en met sy leiers, dit geld ook vir ons wyke, dit geld ook vir ons Bybelstudie groepe in die gemeente . Almal van ons moet waak teen groepsvorming.
Ons kan maar net bid dat die Here ons eensgesind sal maak en dat ons daarom baie lugtig sal wees vir groepsvorming wat juis die eenheid versteur tot groot skade van die gemeente en die getuienis van die kerk.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.