Geringes

Geringes

NG Kerk Gansbaai

Geringes

Ek lees bietjie weer oor die sogenaamde bedelordes van die Middeleeue. Ordes wat ongemak gehad het met die oorvloed en mag van die kerk. Die bekendste een is natuurlik die orde wat deur Fransciscus van Assisi begin is. 
Voor hom was daar Vales.  Die pous het toestemming gegee vir die groep predikers, wat mans en vroue ingesluit het, om nou en dan onder toesig te preek, solank hy belowe dat hy nooit sal verkondig dat alle ryk mense in die hel is nie . . . 

In elk geval Fransciscus was die heilige wat geglo het dat jy iets van God sigbaar maak nie as jy jou ontrek en net aandag gee aan jou innerlike lewe (soos monnike nie), maar juis as jy vrede en liefde in die wêreld sigbaar maak. Margaret Miles (2005) skryf dat hy gesê het: “And they should rejoice when they live among people who are considered to be of little worth and who are looked down upon, among the poor and the powerless, the sick and leper, and the beggars by the wayside”

Jesus het ook gepraat oor die kleinstes en die minstes. Eintlik nogal harde woorde, terwyl Hy ‘n kind nader geroep het om by Hom te kom staan: “Wie een van hierdie geringes wat in My glo laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n maalklip van ‘n donkie om sy nek gehang word en hy wegsink in die diepste van die see.” (Matt 18:6)
Ek dink dit is wat my die kwaadste maak van enige vorm van Voorspoedsevangelie (Prosperity gospel). Jy teer op mense se verlange en verkondig aan hulle die verkeerde evangelie. Hulle kyk op na die prediker en glo hom/haar en die prediker word ryk uit ander se onvermoë om te onderskei.

Geringes

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai