Hy/sy is maar net...

Hy/sy is maar net...

NG Kerk Gansbaai

 Hy/Sy is maar net...

Ons word geroep om voortdurend in ons menswees te groei as God se skepsels. Baie dinge verhinder groei, onder meer agterdog. Jesus het dit beleef. As Hy aanstoot gee en mense voel Hy stir nou, dan sê hulle: Dit is mos Josef se seun, ons ken sy familie. Wat hulle eintlik bedoel, is: Dit is maar net Josef se seun, so ons hoef gelukkig nie vir Hom te luister nie(Joh 6:42)

Soms weet ‘n mens iemand praat die waarheid en jy word deur die woorde gekonfronteer met iets in jouself waarvan jy nie wil weet nie. Die maklikste uitweg is dan om die prater onder verdenking te plaas deur sy credentials te bevraagteken – dit kan geslag, ouderdom of enigiets wees.

Natuurlik is daar gesonde agterdog. Ons kan nie almal se woorde as die waarheid aanvaar nie; ons moet tog in onderskeiding groei. Tog skep ons soms agterdog omdat ons bang is om te groei. ‘n Bietjie selfondersoek kan nie skade doen nie – siende dat dit baiekeer kinders en suigelinge is wat ons met die waarheid konfronteer.

Hy/sy is maar net...

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai