Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Hierdie tyd van die jaar skarrel baie van ons rond om die Kersreëlings af te handel. Vleispryse word fyn dopgehou vir die vetgemaakte kalf of lam vir die feestyd, en natuurlik die Kersmaal. Familie-politiek word ook rondom hierdie tyd met groot versigtigheid of soms geen takt afgehandel. Wie sal by wie wees, wie is vir watter kos verantwoordelik en vele ander delikate familie uitdagings.
Deur die geskarrel begin ons heerlik saamsing aan die Kersliedere. ‘n Welkome afleiding van die geskarrel en ons algehele gevoel. Die gevoel wat baie van ons deel, dat ons eintlik bekommerd is, bang is. Bekommerd oor die toestand van ons wêreld en land, bang vir die geweld wat meer en meer aan ons begin raak. Daarom is die kers gevoel welkome afleiding.
Ons sing heerlik saam uit Lukas 2:14 Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ‘n welbehae het!
Vrede op aarde sing die engele uit volle bors. Daarvan ervaar ons egter maar min. Die koerantopskrifte en ons eie verhale wys die teendeel. Tog wys Johan Cilliers daarop dat hierdie vrede beliggaam word in ‘n babalyfie wat in Bethlehem in die stal lê. Hy raak sélf die vredevors. Hy raak die nuwe werklikheid wat nie deur koerantopskrifte en statistieke verander kan word nie. Die babalyfie bring ‘n nuwe werklikheid waarin ons vrede kan ervaar ten spyte van ‘n stukkende wêreld rondom ons.
Hoe aangrypend is hierdie verhaal nie? Die wêreld, en ons daarin, kan nooit weer ‘n verlore saak wees nie, want God meng in, Hy raak betrokke. Daarom kan ons in ‘n groter realiteit leef, die vrede van die babalyfie wat omgee, wat betrokke raak en wat nie ontmoedig word deur die wêreldse realiteite nie.
Kersfees is ‘n tyd wat ons weer opnuut genooi word om nie net saam te sing van die vrede nie, maar om saam te leef. Dalk hoef ons hierdie Kerstyd nie te wag vir politici, munisipaliteite en beskermingsdienste om hierdie vrede te soek nie, maar kan ons self in die realiteit leef wat ons sing en bely.
Dalk is die eerste tree om aan die vrede deel te neem, om eenvoudig in my eie huis die familie -politiek meer vreedsaam te benader. Dalk begin die Kersvrede net deur hoe ek in die chaos van die winkels my medemens groet en in die oë kyk en selfs onverwags en onverdiend glimlag. Dalk kan ek dit uitleef in die manier wat ek my bure groet of die onbekende persoon wat verby my huis loop.
Dalk hoef ons hierdie Kersfees nie net te smag na die vrede op aarde nie, maar kan ons as gemeente draers van daardie vrede wees, ten spyte van...
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.