Klaag

Klaag

NG Kerk Gansbaai

19 September was almal in die gemeenskap in Afrikaans, Engels en Xhosa genooi na ‘n Ruimte van Klaag (Space for Lament) in die kerkgebou. Ons wou net ‘n geleentheid gee om te treur en te klaag oor die sinnelose geweld, veral teen vroue en kinders in ons land. Ds Hanri het ‘n powerpoint voorberei wat ons met die name en gesigte van slagoffers gekonfronteer het. Mense soos ek en jy. Die Bybel leer ons oor Klaag. Dit is gevul met Klaagpsalms en woorde van “waarom” en “waar”. Klaag is nie moan nie, klaag kom uit jou binneste. Dit is ‘n oproep na God om dinge te verander. Dit is ‘n roep van “Kyk hier!”. Ons het die aand gehoor dat ons mag klaag. Ons het egter ook gewonder hoe veilig die kerk is, die gemeente van gelowiges vir die slagoffers. Mag vroue hier praat oor hulle ervarings van verkragting en mishandeling? Mag ons hieroor preek met volle vrymoedigheid? Ons is ook herinner dat God die lydende God is. Die een wat juis teenwoordig is waar mense ly, wat saam ly. God hoor ons huil, want Hy word ook seergemaak as ons seergemaak word. Johannes Calvyn het al geskryf dat as ons mekaar wond word ons God. Hy huil saam, so kom ons huil meer, tree in, spreek uit en breek die vlaag van haat teenoor die weerloses.

Klaag

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai