2013:Die kerk en kategese opvoeding van ons kinders

2013:Die kerk en kategese opvoeding van ons kinders

NG Kerk Gansbaai

Die ouer mense sal onthou hoe hulle tydens kategese geworstel het met die kategismus van die kerk. Jy moes die Heidelbergse kategismus, Dortse Leerreëls en die Nederlandse Geloofsbelydenisse deels uit jou kop ken. Die streng dominee en sy ouderlinge het jou kennis van die kategismus deeglik getoets voor belydenisaflegging. Aanvanklik het hierdie kategese-deel van die kerk vele afgeskrik. Vandag getuig baie ouer mense hoe kategese hulle gevorm het, help verstaan het wat die Bybel hulle leer aangaande God, help verstaan het wie hulle is, en wat dit beteken om deel van die kerk te wees. Hierdie belydenisskrifte van die kerk is vandag vir ons kinders vreemde begrippe. Selfs die idée van kategese is vir baie kinders en ouers vreemd. Is kategese so belangrik, wonder ons?

Verlede jaar, 2012, het die Kommissie Gesins- en Jeugbediening deeglik besin en beplan rondom ons gemeente se kategeseonderrig en om kinders en ge-sinne by eredienste en jeugaktiwiteite te betrek, want almal was dit eens dat die geestelike opvoed-ing van ons kinders ‘n baie hoë prioriteit is. Die kerkraad se goedkeuring  en doelwitte is na die gemeente deurgegee (ook in Seestrome 2 van 2012).

Nou na afloop van die eerste ses maande van 2013 is daar groot dankbaarheid vir die sukses en groei wat die gesinsdienste en kategeseonderwys in die Pretoriussaal beleef het.  Die erediens in die Pretoriussaal (soos op die kerkalmanak) word spesiaal as gesinsdiens ingerig. Die gesinsdiens neem die formaat en karakter van 'n volledige erediens aan. Die beginsel van kategese wat met die aanvang van die gesinsdiens reeds begin, is gevestig. Kinders word gebruik vir diens by deure voor die diens (verwelkoming van lidmate en uitdeel van bulletin). Die opneem van kollekte tydens die diens en deurkollekte word deur kinders in klas-verband opgeneem. Twee ouderling en twee diakens woon elke diens in die saal by, help met kollekte opneem indien nodig, tel lidmate teenwoordig en is verantwoordelik vir konsistorietake. Na die uitspreek van die seën, bly almal (ouers en kinders) agter vir kategese-opening. Met nagmaal woon vier diakens die diens in die saal by en help met die uitdeel van brood en wyn indien nodig en is diakens, soos met die erediens in die kerk, verantwoordelik vir die voorbereiding van die nagmaalstafel. Leraars reël met persone (kinders en/of ouers, ens.) vir aansit aan die nagmaalstafel.

Beeld-en klankvoorsiening in die saal behels onder andere 'n oorhoofse dataprojektor, rekenaar, CD-speler en luidsprekerstelsel, mikrofone en 'n toesluitkas/werkstasie. Liedere uit die Liedboek, FLAM en VONK word tydens die gesinsdienste gesing, hoofsaaklik van CD's as begeleiding.
Ouers met hul kinders word uitgenooi om erns te maak met die bywoning van die gesinsdienste.
Ons gebed is dat elke diens ’n  mooi geleentheid sal wees en die boodskap van God se liefde, deur Jesus, geloof, hoop en liefde in elke hart sal bring.

2013:Die kerk en kategese opvoeding van ons kinders

Seestrome redaksie

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai