April 2013 : Kerkbasaar op Gansbaai

April 2013 : Kerkbasaar op Gansbaai

NG Kerk Gansbaai

Die basaar van Gansbaai op Saterdag 27 April was weer ‘n toonbeeld van lidmate wat saamwerk en ‘n basaar aanbied waar basaargangers na hartelus kon saamkuier en koop. Daar was beskuit en brood, flessies met ingelegde eetware, groot koeke, handwerk, koeldrank, klein koekies, koeksisters, lekkergoed, melkterte, pannekoek, pasteie, poeding, potjiekos, sosaties, vetkoek, vis, viskoekies en kerrievis, Die NG gemeente van Greyton het die vleistafel beman. Die tombola en wit olifant-tafel het groot aftrek gekry. In die Koffiehuis het Eddie Barnard lekker musiek gemaak. 
Ons Hemelse Vader het ook weer hierdie basaar geseën en ons dank en eer Hom.

Afgesien van die weer en minder besoekers oor die naweek, was die basaar ‘n heerlike gemeenteaktiwiteit. Die kerkraad bedank almal betrokke en almal wat so hard gewerk het, asook almal wat bydraes gemaak het, en die basaar ondersteun het.

Humor uit ’n basaar-rekeningboek van toentertyd:
Mnr X, Stofstraat, Gansbaai.
Jy skuld nog altyd! Het daardie prent wat jy op die basaarveiling gekoop het, nog nie op jou kop afgeval omdat jy nie jou skuld - en dit nogal aan die kerk - wil betaal nie? R5.20 + rente. Baie dankie, Tesouriere

April 2013 : Kerkbasaar op Gansbaai

Seestrome redaksie

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai