Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Karl Barth meen ons as mens is soos die ruiter wat blindelings in die nag op sy perd oor die bevrore meer galop sonder om te besef hoe glad (dalk ook hoe dun) die ys onder ons is. Die hoewe gly, die ys kraak, maar ons jaag voort. Eers as ons by die ander oewer kom en die mense ons vertel in watter ontsettende gevaar ons was, stort ons van pure skrik ineen.
Ons is meestal salig onbewus van die dreigende gevaar van die sonde in ons lewe. Ons is van nature nie maar net ‘n bietjie verlore of effens verdwaal nie, maar geheel en al verlore en verdwaal, geheel en al op die verkeerde pad, ons is van nature die prooi van die sinneloosheid, die dood, die Godsverlatenheid, van nature verkeer ons op die gladde ys, skryf Johan Cilliers in sy boek: In die greep van God.
Efesiërs 2:8, 9 sê: Julle (hierdie van nature sondige mens) is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie, dit is ‘n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.
Ons kan onsself nie red uit die put van die ellende nie. Trouens, ons is meestal soosdie ruiter, salig onbewus van die gevaar van die kwaad in ons lewe nie, ons is nie een bewus dat die kwaad ons vervreem van God, van mekaar en die skepping nie.
Ons besef nie altyd self die erns van ons toestand nie. Ons dink selfs ons het geen redding nodig nie, want waarvan moet ons nou eintlik bevry word? Indien ons wel besef dat die sonde ons vervreem van God en naaste, kan ons onsself nie uit die mag van die kwaad bevry nie.
God alleen kan ons bevry van die mag van die kwaad. Maar waarom sal God dit wou doen? Soos die verlore seun, kies ons herhaaldelik die vreemde land.
Kies ons die weg wat ons al verder wegneem van God se liefdevolle ontferming en sorg. Soos die Vader in die gelykenis van die verlore seun met verlangende liefde bly wag op sy kind se terugkeer, so dring God se liefde ons na Hom toe.
God bevry ons van ons God-wegbeurende-wese, omdat Hy ons onvoorwaardelik liefhet. Dit is tog wat genade is.
Hoe verander hierdie liefde van God my lewe? Kan ek onveranderd bly wanneer God se genadige liefde oor my lewe spoel?
Genade verander ‘n mens onherroeplik. In 2 Korintiërs 3 lees ons in vers 18: Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer veranderom aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.
Die genadige God verander ons deur sy Gees na die die beeld van Christus. Genade het duidelike moreel-etiese implikasies vir ons lewe.
John Leith sê tereg: “Grace as ‘given’ is also a moral influence in the human heart”. The chief point that runs through all Reformed theology is first insistence on the pervenience of grace, the fact that God is personal and influences hu-man beings as free, responsible, moral, historical persons.” (Leith, p 221-222)
Ferdinandt Deist het in ‘n boek met die titel: Ken jy die genade? die volgende kenmerke van genade uitgelig:
Genade is om versorg te word, genade is as iemand vir jou instaan, genade is as iemand medelye met jou het, genade is om begryp te word, genade is “ten spyte van”, genade is om voor te kan begin, genade verg om te sterf (Luk 9:18-25), genade verg om opnuut gebore te word, genade is om te kan vergewe, genade gee om, genade pas lewe op, genade sorg dat reg geskied, genade is nie inhalig nie, genade verdruk nie, genade weeg eerlik, genade is om soos God te wees (Levitikus 19:1-19).
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.