Bybelsondag 2013

Bybelsondag 2013

NG Kerk Gansbaai

Tagtig jaar gelede op Sondag 27 Augustus 1933 is die eerste Bybel in Afrikaans amptelik in Bloemfontein in gebruik geneem. Sederdien het die Bybelgenootskap net meer as 11,1 miljoen Afrikaanse Bybels versprei. Dit is om die Here te loof en dank! Die vasteland waar die meeste volledige Bybels vertaal is, is Afrika. In Suid-Afrika het al 11 amptelike tale 'n volledige Bybel. Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika is ook tans besig met 'n Engelse Bybel vir Dowes, 'n nuwe Zulu en Afrikaanse Bybel. Die eerste Bybel wat in 'n inheemse taal verskyn het, was die Tswana Bybel in 1857.

Sondag 25 Augustus 2013 gaan die deuroffer vir ons plaaslike Bybelverspreiding. Die fonds word gebruik om bybels te subsidieer. Die afgelope jaar is 255 Xhosa, Zulu, Sotho en Tsonga bybels verkoop en 91 Afrikaans en Engelse bybels. Die fonds bestaan ongeveer 30 jaar en word deur die kerkkantoor geadministreer.

Bybelsondag 2013

A Swart

Hierdie historiese kerk is geleƫ in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Simeon en Anna en Baba Jesus

Simeon en Anna en Baba Jesus

Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Webblad

NGK Gansbaai Webblad

Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder

NG Kerk Gansbaai
Gesins en Jeugbediening 2013

Gesins en Jeugbediening 2013

In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.  

NG Kerk Gansbaai
Vir die Jongspan :  die Kersverhaal

Vir die Jongspan : die Kersverhaal

Lank, lank gelede, voor daar  nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van  die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.  

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer. 

NG Kerk Gansbaai