Eerste VGK-basaar in Pearly Beach

Eerste VGK-basaar in Pearly Beach

NG Kerk Gansbaai

“Ons spog met ‘n eerste VGK-basaar in Pearly Beach,” vertel Johan van Dyk van Pearly Beach. Die basaar is nie op die tradisionele wyse aangebied nie, maar as ‘n basaar-ete waarvoor die kaartjies vooraf verkoop is, “en dít is beslis ‘n eerste vir Pearly Beach!” Julie Roussouw en Maria Hoffman was die inisieerders van die “nuwe idee” en die basaar-ete is op 25 Oktober in die VGK-saal in Eluxolweni aangebied. Daar is reeds gedurende Augustus begin met die verkoop van kaartjies en met die 72 wat teen R35 elk verkoop is, was dit ‘n reusesukses. Ds. Dirk van Dyk het die verrigtinge geopen.

‘n Hoendergereg, bykosse en slaaie is voorgesit. “Daar was ook ‘n ekstra tafel met ‘n ver-skeidenheid koek wat saam met tee geniet kon word en alles is uitverkoop,” sê Johan. Hierdie nuwe idee vir die aanbied van ‘n basaar het so-wat die helfte meer ingebring as vorige basaars wat aangebied is.

Hy bedank graag die volgende persone: Alle Pearly Beachers vir hul mildelike bydraes, (soms iets ekstra) en kaartjies wat gekoop is, die anonieme verskaffer van die eetgerei, Julie Roussouw en Maria Hoffman en hulle helpers vir die ete en organisering, Cecil vir die saalversiering, Jeff Pieterse vir die braaiery,  maar bo alles, alle eer aan ons Hemelse Vader vir sy oorvloed seëninge op die dag.

Eerste VGK-basaar in Pearly Beach

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Simeon en Anna en Baba Jesus

Simeon en Anna en Baba Jesus

Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Webblad

NGK Gansbaai Webblad

Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder

NG Kerk Gansbaai
Gesins en Jeugbediening 2013

Gesins en Jeugbediening 2013

In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.  

NG Kerk Gansbaai
Vir die Jongspan :  die Kersverhaal

Vir die Jongspan : die Kersverhaal

Lank, lank gelede, voor daar  nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van  die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.  

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer. 

NG Kerk Gansbaai