Simeon en Anna en Baba Jesus
Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.
Die bediening sending het hierdie jaar verskeie aksies geloods en hoogtepunte gehad waarvan sommige hier uitgelig word.
Plaaslike sending- en uitreikaksies: Die plaasbediening in B’bos gaan in 2014 op die dieselfde tyd as die kerkdiens plaasvind. Dit sal net in ‘n ander lokaal wees. Die Plaasbediening se afsluitingsfunksie was op Baardskeerdersbos op 1 Desember 2013.
Pinksterweek Mei 2013: Die klem het in dié week sterk op sendingwerk geval. Evangelis Bonginkosi en sy vrou Lindiwe Mthembu, wat op uitnodiging van die sendingbediening ons gemeente besoek het, het dienste in B’Bos en Pearly Beach en die VGK Plaasbediening bygewoon. Ons gemeente ondersteun evangelis Bonginkosi nou reeds ’nklompie jare en dit is wonderlik om te hoor hoe God se koninkryk in Makhathini (ook in Bonginkosi se streek) groei. Bongi se ma is nou onlangs oorlede. Bongi en Lindiwe stuur groete en bedank nogmaals die gemeente vir die ondersteuning, gebede en onvergeetlike besoek in Mei. Hulle verseker die Gansbaai-gemeente ook van hul gebede en bid almal ‘n geseënde Kersfees en nuwe jaar toe.
Pinkstermaal met die Pinksterafsluiting:
Die Pinkstermaal wat reeds etlike jare aangebied word is op die laaste Vrydagaand deur die sendingbediening aangebied. ‘n Onvergeetlike geleentheid! Die sang van die laerskoolkoor van Alana Louw was pragtig en ons sê vir hulle nogmaals dankie.
Planne vir 2014:
Hulle wil ‘n groep bymekaar kry om volgende jaar Makhathini en Transkei te besoek. Meer inligting sal spoedig deurgegee word. Dit beloof om ‘n heerlike toer te wees.
Sendeling in Rusland:
Ernst Toerien van Rusland beplan om ons gemeente in April 2014 te besoek.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMaria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.
Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder
In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.
Lank, lank gelede, voor daar nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.
In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.
Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer.