'n Kykie op Genade in die Ou Testament

'n Kykie op Genade in die Ou Testament

NG Kerk Gansbaai

Is die God van die Ou Testament ‘n genadige God? 

Dit klink miskien na ‘n vreemde vraag, maar dit is tog so dat baie van ons aan Jesus as genadig dink, maar aan die God van die Ou Testament as ‘n God vol straf en oordeel.

As mens oor genade in die Ou Testament wil praat, is die belangrikste om eers die woorde te identifiseer wat in Afrikaans met genadig vertaal word en na hulle Hebreeuse betekenis te kyk, en dan natuurlik om na die Skrifgedeeltes se konteks te kyk waar die woorde voorkom. Die woorde wat ons met genadig vertaal, is volop en dan meestal verbind met ander beskrywende woorde wat ‘n refrein dwarsdeur die Ou Testament vorm.

Ek wil graag 2 tekste uit die bybel identifiseer. Die een is Eksodus 34 waar God aan Moses verskyn en Homself as ‘t ware aan Moses bekendstel: Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: Ek die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou.   (Eks 34: 6)

‘n Ander plek is daar waar Jona vir God kwaad is omdat Hy Nineve vergewe het en afgesien het van sy straf: . . . Ek het geweet U is ‘n genadige en barmhartige God, lankmoedig en vol liefde. U sien maklik af van die straf wat u aangekondig het. (Jona 4:2)

Die betekenis in Hebreeus is om iemand se guns te ontvang. ‘n Woord wat ook beter verstaan word as ons na die ander beskrywende woorde kyk wat daar rondom opgenoem word. Miskien is die Jona-verhaal dan ook ‘n goeie voorbeeld om na te kyk. Jona, wat lid is van God se volk, wat weghardloop omdat hy juis nie aan die Israeliete se vyande en bloed-dorstigste nasie van die dag God se Woord wil verkondig nie. Eers sal mens dink Jona hardloop weg omdat hy bang is vir die Assiriërs (Nineve was die hoofstad van die Assiriese Ryk) en met reg. Eers later kom ons agter Jona hardloop weg juis omdat hy God ken en weet dat God sal vergewe as die Nineviete berou toon en daarvoor sien hy nie kans nie. Hy deel nie sy genadige God met ander nie. Genade is wonderlik as ek dit ontvang, maar nie as my vyand ook dit moontlik kan ontvang nie. Jona se ontsteltenis maak juis die grootheid van God se genade weer sigbaar.

En hoe wyd is God se genade? Meer as genoeg vir Israel, meer as genoeg vir Assirië en meer as genoeg vir al die diere! Soos God self sê in die slotvers van die boek: Maar ek mag nie besorg wees oor die groot stad Nineve nie, ‘n stad waarin daar meer as honderd en twintig duisend mense is wat nie weet wat reg of verkeerd is nie, en ook nog baie diere? (Jona 4: 11)

'n Kykie op Genade in die Ou Testament

Dr Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Simeon en Anna en Baba Jesus

Simeon en Anna en Baba Jesus

Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Webblad

NGK Gansbaai Webblad

Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder

NG Kerk Gansbaai
Gesins en Jeugbediening 2013

Gesins en Jeugbediening 2013

In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.  

NG Kerk Gansbaai
Vir die Jongspan :  die Kersverhaal

Vir die Jongspan : die Kersverhaal

Lank, lank gelede, voor daar  nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van  die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.  

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer. 

NG Kerk Gansbaai