Die verlore seun

Die verlore seun

NG Kerk Gansbaai

Die seun was die jongste seun van ‘n boer. Hy het moeg geword om sy pa op die plaas te help. Daarom het hy gesê: “Pa, gee vir my die deel van Pa se goed wat ek moet kry”. Die pa het toe die goed tussen sy twee seuns verdeel en die jongste seun het sy deel gevat, al sy goed ingepak, en weggegaan na ‘n ver land. Daar het dit ‘n ruk lank goed gegaan. Hy het baie vriende gehad omdat hy baie geld gehad het. Maar nadat hy al sy geld uitgemors het, het sy “vriende” ook verdwyn. Toe sy geld op is, kom daar boonop ‘n hongersnood in die land.

Die enigste werk wat hy kon kry, was om ‘n boer se varke op te pas. Geen Joodse seun hou van varke nie, want hulle is onrein diere volgens die wet, maar hy kon nie anders nie. Party daewas hy so honger dat hy gewens het hy kon die varke se kos eet, maar niemand het vir hom daarvan gegee nie.Toe begin hy dink hoe lekker dit by die huis was en hy sê vir homself: “Selfs die werkers op my pa se plaas het ‘n beter lewe as ek. Ek sal huis toe gaan en vir my pa sê dat ek verkeerd gedoen het. Ek verdien nie meer om ‘n seun in sy huis te wees nie, maar dalk sal hy my een van sy werkers maak.”

Sy pa het nog altyd gehoop dat sy seun weer sal terugkom en het elke dag die pad dopgehou. En toe, eendag, kom hy! Die pa het na hom toe gehardloop, hom vasgedruk en gesoen. Die wegloopseun het begin om te sê: “Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig . . ., “maar voor hy nog kon sê dat hy gewillig is om ‘n werker op die plaas te wees, het sy pa een van sy werkmense geroep en gesê: “Bring vir hom die beste klere, en trek vir hom skoene aan en sit ‘n ring aan sy vinger!” Toe die pa dit sê, het die seun geweet hy is weer deel van die gesin, wantwerkers het nie skoene of ringe gedra nie. Die pa sê toe nog: “ En slag vir ons daar-die kalf wat ons vet gemaak het. Ons gaan feesvier”.

Die oudste broer het later ingekom van die lande af en gehoor hoe daar musiek gemaak word. Toe hy hoor dat die fees vir sy broer gehou word omdat hy terug is, was hy baie ontevrede, want hy was jaloers omdat die broer so ontvang word neat hy hom so sleg gedra het. Hy sê toe vir sy pa: “ Pa, ek het nog altyd soos ‘n slaaf vir Pa gewerk, en nog nooit het Pa eens vir my ‘n bokkie laat slag nie. Hierdie kind het Pa se geld verkwis, en as hy huis toe kom, word daar feesgevier. Pa het selfs die vetgemaakte kalf vir hom laat slag!” Toe sê die pa: “My kind, moenie kwaad wees nie. Jy was dan die hele tyd hier, en alles wat ek het, is joune. Ons moet bly wees, want hierdie broer van jou wat verlore was, is terug. Dis asof hy dood was en weer lewend geword het. Kom in, en kom vier saam fees!”

Die verlore seun

Seestrome redaksie

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Simeon en Anna en Baba Jesus

Simeon en Anna en Baba Jesus

Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Webblad

NGK Gansbaai Webblad

Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder

NG Kerk Gansbaai
Gesins en Jeugbediening 2013

Gesins en Jeugbediening 2013

In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.  

NG Kerk Gansbaai
Vir die Jongspan :  die Kersverhaal

Vir die Jongspan : die Kersverhaal

Lank, lank gelede, voor daar  nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van  die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.  

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer. 

NG Kerk Gansbaai