25STE L’AGULHAS CLASSIC - ’N MYLPAAL OM T...
Wat ’n fantastiese drie dae van rolbal toe L’Agulhas Rolbalklub sy 25ste Jaarlikse Classic van 27-29 Augustus 2026 aangebied het!
Finbond Mutualbank het op 8 en 9 Mei 2026 vir die derde agtereenvolgende jaar die gewilde Finbond Mutualbank-toernooi by L’Agulhas Rolbalklub aangebied. Die klub spreek sy opregte dank en waardering uit teenoor die Hoof Uitvoerende Beampte, Carel van Heerden, asook Lee-Anne Nefdt, takbestuurder van Finbond Mutualbank in Bredasdorp, vir hul ruim borgskap en persoonlike betrokkenheid by die toernooi.
Die verrigtinge het reeds Vrydagmiddag, 8 Mei, afgeskop. Al 56 spelers is verras met waardevolle geskenksakke, asook ’n pragtige gholfhemp en sonhoed met die Finbond-embleem daarop. Daar is ook ’n Taylor-rolbalsak uitgeloot, sowel as ’n welkome R1 000-geskenkbewys van Aweh.
By die plotbord kon spelers hul geluk beproef vir verskeie pryse, waaronder ’n handige 2-bal drasakkie, heerlike souse van Montagu Saucy, ’n bal opligter en wyne van Van Loveren Wyne.
Spelers van ander klubs is deur die vise-president, Fanie du Plessis, verwelkom, waarna Bertie le Roux die toernooi op gepaste wyse met gebed geopen het. Die spelers is bederf deur heerlike etes wat gemaak en bedien is deur dames van die klub.
Die eerste wedstryde is lukraak bepaal, waarna sterk teen sterk meegeding het. Lee-Anne het die kontantpryse in die vorm van Finbond Mutualbank-debietkaarte, waarop die prysgeld reeds gelaai was, aan die wenners oorhandig.
Die eind uitslae was soos volg:

• Derde plek: Herman Fourie en sy span van Bredasdorp

• Tweede plek: Iris Nel en haar gemengde span

• Algehele wenners: Francois Rossouw van Villiersdorp en sy span
VLNR: Carel van Heerden, Hoof Uitvoerende Beampe van Finbond Mutalbank SA, saam met die wenspan. Francois Rossouw, Gerhard van der Walt, Willie Smit, Dalene de Kock en Lee-Anne Nefdt, Takbestuurder van Finbond Mutualbank
Na afloop van die verrigtinge het Carel van Heerden kortliks meer inligting gedeel oor die dinamiese Finbond Mutualbank en die voordele van hul aantreklike beleggingsrekeninge vir beleggers en pensioenarisse. Met ‘n 24-uur diens en persoonlike aandag, is die bank beslis ‘n besoek wêrd.
Baie dankie aan Finbond Mutualbank vir hul borgskap. Geen klub kan sulke toernooie aanbied sonder borge nie!
L’Agulhas Bowls Club welcomes experienced lawn bowls players and newcomers to join them for friendly games and relaxed social events. Club days are Wednesdays, Fridays and Saturdays. For added bowling satisfaction L'Agulhas Bowls Club provides floodlit bowling greens for evening play. Three qualif...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreWat ’n fantastiese drie dae van rolbal toe L’Agulhas Rolbalklub sy 25ste Jaarlikse Classic van 27-29 Augustus 2026 aangebied het!
Three members of L’Agulhas Bowls Club proudly represented the club at the Boland Trials...
’n Sterk groep van 20 spelers van L’Agulhas Rolbalklub het op 15 en 16 Augustus aan die Bredasdorp Mixed Classic...
Op Saterdag, 15 Augustus, het drie lede van L’Agulhas Rolbalklub, André Krahtz, Lynette Krahtz en Gerhard van der Walt...
L’Agulhas Rolbalklub wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om een van ons klublede, Reynier Möller...
L’Agulhas Bowls Club celebrated an important milestone on Wednesday 12 August 2026...