L’AGULHAS BOWLS CLUB CELEBRATES A NEW BOLAN...
What a fantastic achievement for Mia Stander from L’Agulhas Bowls Club!
Saterdag, 14 November 2026, was ’n spesiale dag vir L’Agulhas Rolbalklub met die amptelike heropening van die rolbalbaan en die begin van ’n nuwe rolbalseisoen. Nadat die baan gedurende Oktober en die eerste twee weke van November gesluit was vir die gebruiklike jaarlikse instandhouding, lyk ons baan weer absoluut pragtig!
’n Groot woord van dank aan ons perkbeamptes Alan Coetsee, Jacques Prins en span, vir hulle ongelooflike harde werk en toewyding om die baan weer eens in ‘n puik toestand te kry. Julle moeite word opreg waardeer.
Oom Jurie Neethling, die klub se oudste spelende lid, het die eer gehad om die eerste bal van die nuwe seisoen te rol. Op 88 jaar jonk is hy reeds ’n ongelooflike 26 jaar lank ’n lid van L’Agulhas Rolbalklub!
Oom Jurie het ongeveer vir vier jaar op die klub se bestuur gedien, aan verskeie Classic-toernooie as deel van die Neethling-span deelgeneem, waarvan hulle in 2004 die toernooi gewen het. Hy is nog steeds ’n aktiewe lid wat waardevolle idees en voorstelle tot die klub se vooruitgang maak.
Op sy hoë ouderdom is hy steeds ’n mededingende rolbalspeler. Wat ’n inspirasie en ’n wonderlike bewys dat rolbal werklik ’n sport vir oud en jonk is!
Met ons uitstekende baan wat weer gereed is vir aksie, sien ons uit na nog ’n fantastiese seisoen gevul met mededingende rolbal, vriendskap en baie pret.

L’Agulhas Bowls Club welcomes experienced lawn bowls players and newcomers to join them for friendly games and relaxed social events. Club days are Wednesdays, Fridays and Saturdays. For added bowling satisfaction L'Agulhas Bowls Club provides floodlit bowling greens for evening play. Three qualif...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreWhat a fantastic achievement for Mia Stander from L’Agulhas Bowls Club!
Met ons baan wat tans gesluit is vir jaarlikse instandhouding, het Villiersdorp Rolbalklub die L’Agulhas Rolbalklub vriendelik uitgenooi...
What a fantastic three evenings of bowls, laughter and friendly competition...
Dit is waaroor rolbal gaan: vriendskap, kameraadskap en ’n gedeelde liefde vir die spel!
A team from L’Agulhas Bowls Club competed in the Hermanus Suzuki Classic...
The Men’s Mini Classic was held at L’Agulhas Bowls Club on Saturday, 19 September 2026.