AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum

Jou Familie In Christus

AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum is ‘n Pinkster gemeente in die middedorp. Die gemeente help mense in die gemeenskap om tot lewensvervulling in Christus Jesus te leef. AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum se missie is om God te verheerlik en die kerk se waardes van respek, leierskap, deursigtigheid, integriteit en verantwoordelikheid toe te pas. AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum verwelkom die hele gemenskap. U is genooi om Sondagoggend en aanddienste by te woon om die Here te loof en prys saam met Pastoor Christo Stander, en sy span. ‘n Kinderkerk bedien kinders vanaf die ouderdom van 5 tot 13 jaar oud gedurende Sondagoggenddienste. AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum lewer gemeenskapsdienste insluitend troues, grootdoop, begrafnisse, en inseënings van babas en kinders, asook die verhuring van kerkfasilitiete.

Contact Details

  • Primary number Click Here
  • Additional number Click Here
  • Email Click Here

Info

  • Operating Times Click Here
  • Address Click Here
  • Payment Methods Click Here
  • Cards Accepted Click Here
  • Currencies Accepted Click Here

Business Information

Oor Ons

Oor Ons

Die huidige AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum is in 2006 gebou.

“AGS staan ​​vir Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika. Die AGS bestaan ​​sedert 1908 en is die eerste en grootste Pinksterkerk in die land, met 1,4 miljoen lidmate in Suid Afrika en tans gevestig in 28 lande van die wêreld. Pinkster beteken dat dit 'n kerk is wat glo die Gees van God aan gelowiges gegee word om dinamiese en oorwinnende lewens te lei. Dit impliseer ook dat gelowiges die karakter, liefde en krag van hul Here, Jesus Christus, in hul daaglikse lewens kan demonstreer.

Die AGS kan deur twee onlosmaaklike kenmerke onderskei word: Die doop in die Heilige Gees en die Groot Opdrag [Mat. 28:19]. Ons het die Heilige Gees en Sy krag ontvang om missionaal te wees (Hand 1:8). Daarom verwys ons na ons gemeentes as apostoliese gemeenskappe en ons lede as apostoliese agente. Ons poog om ons hele kerk te inspireer en te mobiliseer om die hele evangelie na die hele wêreld te neem.

Die begeerte van die AGS is om ons samelewings te versadig met die teenwoordigheid van God en die beginsels van Sy Koninkryk. Ons uniekheid lê ook in ons diversiteit en akkommodasievermoë. Nie net is ons 'n mikrokosmos van ons diverse samelewing nie, iewers in ons 1800-plus plaaslike kerke sal jy 'n geestelike tuiste vind waar jy deel van die familie sal voel.”  Dr H.J. Weideman (President van die AGS - Suid Afrika)

Missie

Die missie van die AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum is om God te verheerlik en die gemeente te bou op die volgende steunpilare:

  • Geesvervuld - Handelinge 1:8
  • Opreg - 1 Timótheüs 4:12
  • Betrokke - Jesaja 58:6-8 en
  • Dissipelskap - Matthéüs 28:19
Visie

“Jesus ons aas - siele ons vangs”

Leier
Image

Leier

Christo kom oorspronklik van Jan Kempdorp in die Noord-Kaap af, maar het vir die laaste vyf jaar Stilfontein se gemeenskap in Noord-Wes bedien. 

Pastoor Christo is in Colesberg gebore en het in NWU, Potchefstroom sy B.Th. (Baccalaureus Theologiae met Bybel en Kerkbediening) gestudeer. Hy is as Pastoor in die AGS van SA georden in Mei 2018.

Pastoor Christo Stander

Christo het ‘n sterk finasiële agtergrond in bankwese en het deeltyds gestudeer terwyl hy gewerk het. Hy het ‘n passie vir mense en om hulle te wen vir Jesus en met Hom 'n verhouding te bou. Hy voel hoe jonger hoe beter, daarom hou hy daarvan om met die jeug en klein kindertjies te werk. Christo speel baskitaar en dromme en is baie lief vir musiek. Hy luister graag na Brooke Ligertwood. Sy gunsteling predeker is TD Jakes.  

Christo se missie is om Gansbaai te wen vir Jesus. Alle onliggende gemeenskappe is vir hom ewe belangrik. Maak nie saak waar jy vandaan kom, wat jou banksaldo is nie - jy is welkom by AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum. 

As hy nie by die kerk werkskaf nie is hy vreeslik lief vir kamp en visvang. Hy is opgewonde oor die pad wat voorlê.

Kerk Dienstye

Kerk Dienstye

AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum se dienstye is as volg:

Sondag

  • GIG Kinderkerk vanaf - 08:30
  • Oggenddiens - 09:00
  • Aanddiens - 18:00

Vrydag

  • B.A.S.I.C Tieners - 18:00

Kinderkerk
Image

Kinderkerk

AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum se kinderkerk, GIG (Groei in God) bedien kinders vanaf die ouderdom van 5 tot 13 jaar oud.

  • Vanaf 08:30 en Tydens Sondagoggenddiens
Gemeenskapdienste

Gemeenskapdienste

Die AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum lewer die volgende dienste and die gemeenskap:

  • Troues
  • Grootdoop
  • Begrafnisse
  • Inseënings van Babas en Kinders
  • Spesiale Geleenthede
Verhuuring van Fasiliteite

Verhuuring van Fasiliteite

AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum verhuur die volgende fasiliteite:

  • Kerk (auditorium)
  • Kerk Saal
  • Raadsaal (klein)
  • Raadsaal (groot)
  • Kombuis
  • Klank & Tegniese Span
  • Pianis
  • Kragopwekker (in kombinasie met enige van die bogenoemde fasiliteite)

Finansiële Ondersteuning

Finansiële Ondersteuning

AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum

Absa Bank,
Rek no 3220152188
Rekeninghouer:
AGS van SA
Verwysing: Tot watter fonds u bydra

Resensies

Resensies

“By die AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum kry jy voedsel vir jou siel. Kan dit ten sterkste aan beveel.”  Susan Schonken
“AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum - Brothers and sisters in Christ!”  Elmarie van Wyk
“AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum is a wonderful church with a wonderful atmosphere and wonderful people who make you feel welcome! A place to worship and receive food for your soul!”  Belinda de Wet

Gallery

Map

Nearby Places

Blog Posts