Glo net in GOD en Sy beloftes

Glo net in GOD en Sy beloftes

Gansbaai Courant

“Hy het nie in ongeloof begin twyfel aan die belofte van GOD nie, maar hy is in sy geloof versterk en het aan GOD die eer gegee. Hy was ook ten volle daarvan oortuig dat GOD mag het om te doen wat Hy beloof het”  (Rom 4:20,21) 

Dit kan mos nie waar wees nie! ‘n Man van 99 en ‘n vrou van 90 wat ‘n kind in die wêreld gaan bring! Geen wonder Sara het gelag toe die boodskappers aan Abraham vertel het dat hy en Sara ‘n kind gaan hê (Gen 18:12). Maar soos dit telkens weer en weer in GOD se Woord gebeur het: As GOD iets belowe het, word dit waar. Dalk nie só gou as wat die mense wou hê nie, maar elkéén van God se beloftes het waar geword. Isak is  gebore en uit sy nageslag  is ook die Verlosser, Jesus, gebore. Ook Jesus is deur GOD aan ons belowe (Jes 9:5)

Glo jy regtig in GOD en Sy beloftes? Ons het die afgelope tyd ook aan jou gevra of jy glo dat GOD se krag in jou is en jy dieselfde wonderwerke kan doen as wat Jesus gedoen het (Joh. 14:12)? Ja, dis maklik om te sê “Ek glo in GOD en in Jesus Christus as my Verlosser” – dit is ons geloof. Maar glo ons dat al GOD se beloftes aan ons waar geword het – en ook vandag nog vir ons waar is? Hoekom bespeur ek dan twyfel in jou uitkyk op die toekoms: Jou geloof dat dit met ons goed sal gaan in die land wat GOD aan ons voorvaders gegee het – die land wat baie dae lyk asof daar net wanorde, korrupsie en selfsugtigheid bestaan?

Ons is daardie ongelowige geslag waarna Jesus verwys in Markus 9:19! Ons bid vir siekes, maar niemand word gesond nie! Ons bid vir uitkoms vir ons land, maar alles gaan net slegter en slegter! Hoekom? Omdat ons ongeloof sterker is as ons geloof! Dis soos twee sterk perde wat in teenoorgestelde rigtings trek – en die probleem word nie beweeg nie. Sê vir jou berg (jou ongeloof) om in die see in te spring – verwyder jou ongeloof deur meer en meer op GOD en Sy beloftes te vertrou! Jy het nie meer geloof nodig nie – jy het minder ongeloof nodig!

Hoe kry ons dit reg om minder ongelowig te wees?  Ons doen wat GOD in Sy Woord van ons vra! Ons volhard in gebed (1 Tess. 5:17). Ons bestudeer en oordink Sy Woord dag en nag (Ps. 1:3; 119:105)  Ons draai ons hele fokus na GOD en vertrou Hom alleen (Ps. 78:7; Jes. 26:4) Ons bly glo dat Sy beloftes waar is (Spr. 30:5)!  Ons vul ons gedagtes met nuwe geestelike dinge (Ef 4:23)!

Doen dit net! Glo dit net! Leef nou Sy Woord in jou lewe uit! Wonderwerke gebeur nog! Dieselfde GOD van die Woord is nog vandag in beheer!

Glo net in GOD en Sy beloftes

Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant