10.01.2013

 10.01.2013

Gansbaai Courant

“Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord van GOD geskep is: die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie.” (Heb 11:3)

Hoe begin ‘n gelowige kind van GOD die nuwejaar?

Baie mense sal jou vra: “Wat beplan jy om hierdie jaar te doen?” Wel, dan kan jy maar met  sekerheid antwoord: “Ek weet nie wat ek gaan doen nie, maar al wat ek weet is dat GOD weet wat Hy gaan doen!” Ja, soos Abraham destyds in gehoorsaamheid weggetrek het uit Haran, sonder om te weet waar hy heen gaan, sal ons hier aan die begin van 2013 ook moet wegtrek uit ons bekende omgewing en trek na ‘n plek sonder dat ons weet waar ons gaan kom.

Dit klink ‘n bietjie vaag en onseker, of hoe?

 “omdat ons glo, weet ons…”

Die pad van gelowige kinders van Jesus is om met volle afhanklikheid weg te trek van waar hulle nou is. Ondersoek dus maar gerus jou verhouding met God of jy gewillig is om op elke terrein van jou lewe Hom onvoorwaardelik te vertrou. Elke oggend wanneer jy wakker word moet jy opnuut jou vertroue in GOD plaas en “weg trek” saam met Hom die toekoms in.

“moet julle nie oor môre bekommer nie…”  (Mat 6:34)

“omdat ons glo, weet ons…”

Ons kan maar die toekoms voluit aanpak met ons oog gevestig op Jesus. Ja, daar lê vir ons ‘n wedloop voor – ‘n harde resies, waar ons alles sal moet insit as ons wil deelneem, maar “omdat ons glo, weet ons” dat Jesus elke tree saam met ons op hierdie pad sal wees, al weet ons nie waarheen ons gaan nie! Vertrou net dat GOD presies weet wat Hy doen en waarheen Hy ons neem! Dit is onvoorwaardelike geloof!

GOD vertel ons nie wat Hy gaan doen nie. Wat Hy wel van jou vra is om Hom voluit te vertrou. Hy openbaar aan ons in die Bybel WIE Hy is en WAT Hy al gedoen het in die lewe van gelowiges soos Abraham, Moses en baie ander. Hy is ‘n GOD van wonderwerke. Hy sal in jou lewe ook Sy wonderwerke laat gebeur – vertrou Hom net!

“omdat ons glo, weet ons…” GOD is in beheer! Laat ons met moed wegtrek 2013 in!

 10.01.2013

Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant