17.01.2013

17.01.2013

Gansbaai Courant

Omdat ons glo, weet ons....ons moet soms wag! Johannes 13:1-10, 34-38.

“En Jesus antwoord hom: “Wat Ek doen, begryp jy nie nóú nie, maar later sal jy dit verstaan.” (Joh 13:7)

“Toe sê Petrus vir Hom: “HERE, hoekom kan ek U nie nou volg nie? Ek sal my lewe vir U aflê.”(Joh 13:37)

Dinge werk nie altyd uit in jou lewe soos jy dit wil hê nie, nê? GOD antwoord nie altyd jou gebede of jou wense nie. Hoekom?

As jy op ‘n sekere oomblik nie weet hoekom GOD dinge met jou laat gebeur nie, of hoekom jou planne nie uitwerk nie – leer om te WAG! In die proses om meer en meer die volgeling van Jesus te word, weet GOD wat die toekoms vir jou inhou – en Hy wil en sal jou deur alles lei – Hy weet van die foute wat jy nog gaan maak – Hy ken jou swakpunte – en daarom moet jy leer om te wag totdat Hy jou heilig gemaak het, of die teken gee dat jy maar kan voortgaan.

Petrus, al het hy drie jaar saam met Jesus gewandel, verstaan nog steeds nie wat Jesus bedoel die aand voor Sy kruisiging nie, en hy vra: “HERE, hoekom kan ek U nie nou volg nie? Ek sal my lewe vir U aflê.” (Joh 13:37) Maar Jesus ken hom beter en waarsku hom dat hy hom gaan verloën –verraai - in die rug steek! Duidelik het Petrus homself nie goed genoeg geken nie! Hy moet nog groei! En daarom moet hy leer om te wag, voordat hy Jesus voluit kan volg!

GOD is besig met jou op jou pad na geestlike volwassenheid.

Hy weet die beste wat goed vir jou is, of nie. Daarom sê GOD dikwels: WAG eers! Al dink jy jy weet reeds goed genoeg wat GOD se wil is – WAG! As jyte gou optree om bv. van werk te verander, of ‘n nuwe huis tekoop, kan jy in groot moeilikheid beland. GOD se tydsbereking is volmaak – WAG! Totdat Hy die pad wys – en Sy Gees jou lei – wag totdat Hy sê; Gaan!

Omdat ons glo, weet ons: WAG is deel van geloofs groei!

In stilte, in afhanklikheid van GOD, is die proses van wag ‘n groot groeiproses waardeur ons almal moet gaan.

GOD weet beter –Hy is lief vir ons – ons moet wag!

17.01.2013

Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant