24.01.2013

 24.01.2013

Gansbaai Courant

Gelowiges kyk nie terug nie, maar vorentoe – ons oog gerig op Jesus!

“Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe GOD my geroep het in Christus Jesus.” 

Fil 3:13 ,14

“laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop,  die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.”    Heb 12:1,2

Hoekom sukkel ons só om aan die gang te kom met 2013, met ons lewe? Ons geloofslewe wil maar net nie sterker word en meer vrugte dra nie? Hoekom nie?

Maak jou los van die verlede!  (Fil 3:13) Wat is daar in die verlede wat jou verhinder om Jesus voluit te volg? Hou jy nog vas aan die ‘goeie ou dae?’ As jy heeltyd in die verlede leef is jy dood vir Jesus en Sy nuwe lewe!

Laat ons elke las van ons afgooi.”  (Heb 12:1) Die grootste las wat ons saam sleep uit ons verlede is die las van sonde. Ons is so besig om onsself te straf oor wat ons gedoen het,  dat ons vergeet wat ons reeds in Jesus Christus is! In Jesus is jy ‘n nuwe mens, en NIKS uit jou verlede, wat jy ook al gedoen het, en bely het voor GOD, kan jou verhinder om voluit te lewe nie!

“Omdat ons glo, weet ons”dat Jesus ons volkome vergewe het en alle skuld vir ons betaal het! Ons is skoon soos ‘n vel wit papier – deur Sy bloed gewas!

Los nou jou swak gewoontes agter jou. Daardie jaloesie, jou humeur, ongeduld, jou trots, jou swak taalgebruik, sleg praat van die mense om jou!  Iewers moet jy die streep trek deur hierdie laste van jou verlede. Begin lewe met wat jy reeds is: ‘n Nuwe mens in Jesus!

Maar kyk nou op! Kyk vorentoe! Daar wag ‘n nuwe toekoms vir jou. Nuwe planne. Ja, ook uitdagings en gevare wag op jou! Die lewe is ‘n groot wedloop – en vra van jou inspanning en volharding!

Die beste manier om die verlede agter te los is om vorentoe te strek. Neem aksie. Beur weg van die verlede, die laste en die sondes. Hou jou oog gevestig op GOD en die pad wat Hy vir jou toekoms beplan. DOEN DIT NET!

 24.01.2013

Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant