Was Jy Al Alleen Saam met God

Was Jy Al Alleen Saam met God

Gansbaai Courant

“Hulle het met 'n skuit na 'n stil plek toe vertrek waar hulle alleen kon wees.” (Mar 6:32)

Was jy al ooit alleen met GOD? Dis ’n snaakse vraag, nê? 

Ons as mense wil nie alleen wees nie, ons is bang vir stilte en ons vlug weg van plekke wat eenkant en alleen is. Daarom vermy ons soms die alleentye saam met GOD. Ek praat nie van tye wanneer jy die Bybel lees of bid nie. Nee, alleentye wanneer jy met jou hele hart na GOD soek (Jer. 29:13)

JY HET ALLEENTYD MET GOD NODIG: Dis tyd wanneer jy kan vrae vra. As jy alleen met GOD is, leer jouself beter ken en ontdek jou eie hart. Dis verstommend hoe min ons in werklikheid van onsself weet. Ons moet ontslae raak van die idee dat ons onsself verstaan.

GOD is die enigste een wat ons verstaan. Dis ons trots wat ons verhinder om alleen in Sy teenwoordigheid te verkeer. Solank as wat ons nog te veel van onsself dink of te trots is, sal ons niks kan leer nie.

GOD HET ALLEENTYD MET JOU NODIG. Soms bring GOD alleentye saam met Hom deur lyding, hartseer, teleurstelling, siekte, gebroke verhoudings  en vriendskappe – dis wanneer ons heeltemal verslae en sprakeloos is – en nie eers in staat is om ‘n vraag te vra nie – dan begin Hy ons leer. Dis tye wanneer jy besef jy moet stilbly en jouself aan GOD oorgee sodat Sy liefde en krag deur jou kan spoel. Soos Jesus se dissipels kon hulle ook eers GOD se werking verstaan toe hulle met die Heilige Gees vervul is. “en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.” (Joh 14:26)

In jou alleentyd met GOD is daar één saak wat Hy wil hê vir jou duidelik moet wees – jou verhouding met. Waar jy in jou alleentyd met Hom jouself beter leer ken, leer jy GOD beter ken in Sy alleentyd met jou! Die Heilige Gees wil hierdie nuwe mens wat jy reeds in Jesus is, al meer versterk en opbou sodat jy jouself en ander om jou tot seën sal wees. Die innerlike jy moet sterker word in die geloof en jou afhanklikheid van GOD se genade groter!

Begin om hierdie alleentye saam met GOD al meer in jou lewe op te soek. Dis nie altyd maklik om stil te word en te ervaar hoe Hy jou verander nie, maar hoe meer jy soos Jesus word,  hoe lekkerder word hierdie alleentye!

Was jy al vandag alleen saam met GOD?

Was Jy Al Alleen Saam met God

Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant