Blog

Voedsel wat met artritissimptome kan help

Voedsel wat met artritissimptome kan help

Gansbaai Pharmacy

Voedsel wat met artritissimptome kan help

Jy kan help om die inflammasie van rumatoïede artritis te verminder deur gesonde voedselkeuses te maak. Dieet sal nie rumatoïede artritis (RA) genees nie, maar die regte voedselkeuses kan help deur die inflammasie te beheer wat chaos in die liggaam veroorsaak, voedingstowwe te voorsien volgens jou liggaam se vereistes en jou te help om ’n gesonde gewig te handhaaf. Dit is belangrik, want oortollige gewig plaas druk op seer gewrigte en kan party RA-medikasies minder effektief maak. Liggaamsvet produseer boonop proteïene genaamd sitokiene, wat inflammasie bevorder.

Studies toon dat ’n Mediterreense dieet, met baie vrugte en groente, volgrane en gesonde vette, ’n goeie keuse vir mense met RA is. Hier is ’n lys van voedselsoorte wat jy moet eet.

Vetterige vis: Salm, tuna, sardyne, haring en ander kouewatervis is ryk aan omega 3-vetsure, wat kan help om inflammasie te beheer. Jou liggaam het ’n gesonde balans tussen omega 3- en omega 6-vetsure nodig.

Navorsers het bevind dat ’n groter verhouding van omega 6 tot omega 3 met ’n verhoging in chroniese inflammatoriese toestande soos RA geassosieer word. Dit is dus belangrik om omega 6-vetsure te verminder - dit kan inflammasie veroorsaak en kom voor in vleis, sekere olies en gebraaide en verwerkte voedsel wat daardie olies bevat - en omega 3-vetsure te verhoog.

Vrugte en groente: Vrugte en groente is ryk aan antioksidante, wat help om molekules wat vrye radikale genoem word en wat inflammasie kan veroorsaak en selle kan beskadig, te stabiliseer. Hulle is ook propvol vitamiene en minerale wat die liggaam benodig, asook polifenole, wat alles kan help om C-reaktiewe proteïen (CRP), ’n merker van inflammasie, te verlaag. Om die meeste gesondheidsvoordele te kry, eet elke dag verskeie tipes vars of bevrore vrugte, maar hou jou suikerinhoud in bevrore opsies dop. Eet ’n kleurvolle verskeidenheid groente om die meeste voedingstowwe te kry. Mik vir twee koppies vrugte en twee en ’n half tot drie koppies groente elke dag - minder as jy minder as 30 minute se oefening elke dag kry en meer as jy meer aktief is.

Sluit hierdie items ook by jou dieet in:

Volgrane: Hawermout, volkoring, bruinrys en quinoa.

Ertjies en boontjies: Hierdie peulgewasse is ’n goeie bron van proteïen, wat belangrik is vir spiergesondheid - en mense met RA is geneig tot spierverlies. Neute is vol gesonde mono-onversadigde vet. Neute het hartbeskermende eienskappe en bevat belangrike voedingstowwe.

Olyfolie: Gebruik olyfolie in plaas van ander olies en vette. Behalwe vir die gesonde mono-onversadigde vet, bevat dit ook ’n verbinding genaamd oleokantal, wat inflammasie verminder en soos ibuprofeen optree vir pynverligting.

Voedsel wat met artritissimptome kan help

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

PharmaGo App

PharmaGo App

Get FREE delivery when shopping with Arrie Nel on the PharmaGo App!

Gansbaai Pharmacy
9 Ways to Cut Down on Drinking

9 Ways to Cut Down on Drinking

Whether you're drinking too much or too often, drinking alcohol to excess is a habit that some people want to better control.

Gansbaai Pharmacy
Can Supplements Really Help You?

Can Supplements Really Help You?

While there is ongoing debate over the optimal use of supplements and their effectiveness, and while supplements...

Gansbaai Pharmacy
HOW TO REMOVE A TICK THE RIGHT WAY

HOW TO REMOVE A TICK THE RIGHT WAY

Once a tick crawls on you, it is looking for a safe, warm place to attach.

Gansbaai Pharmacy
Wat is Downsindroom?

Wat is Downsindroom?

Downsindroom is ’n toestand wat voorkom as ’n mens ’n ekstra chromosoom het.

Gansbaai Pharmacy
Beyond hearing loss - “What’s that you said?”

Beyond hearing loss - “What’s that you sa...

Perhaps you’ve heard yourself say those words more often than you’d like to admit.

Gansbaai Pharmacy