Blog

Jannie du Toit | Oesjaar in Gansbaai

Jannie du Toit | Oesjaar in Gansbaai

Great White House

Jannie du Toit | Oesjaar in Gansbaai

n Heerlike aand van musiek, liriek, wyn en Canapese saam met die Afrikaanse musiek legende Jannie du Toit en sy orkes.

  • Datum: 15 Desember 2019, Sondag
  • Tyd: 18:30 vir 19:00
  • Kaartjies: R200 per persoon
  • Vir Besprekings kontak Great White House: gwhaccounts@marinedynamicstravel.com

Jannie het die afgelope paar jaar hoofsaaklik musiek van sy gunsteling-musikante, soos Jacques Brel, Jules de Corte, Koos du Plessis en Lucas Maree gesing, maar hy wou weer op sy eerste liefde en passie fokus - om sy eie Afrikaanse liedjies te skryf. Die resultaat hiervan is OESJAAR 2018 - al die liedjies uit sy pen en ook ’n “konsert” met dieselfde titel. Jannie sing oor sy musiekloopbaan: die wingerd wat hy persent gekry het, die musieklegende Christa Steyn, ’n legendariese koffiewinkel in sy voorstad, Melville en oor die passie wat ’n kunstenaar dryf om te skep en te sing. Ons soek ’n tata is opgedra aan een van sy grootste helde, Madiba en liedjies soos Skilder van die wolke en Lig en donker is egte credo’s waarin hy sy siel ontbloot. Jannie het ook ’n liefdeslied geskryf vir sy vrou Therina, met wie hy in 2018 getroud is: “Jy kyk sag”

OESJAAR 2018: 'n Nuwe album en verhoogproduksie deur Jannie du Toit

Met musiekstyle en-tendense wat konstant verander, neem dit ’n merkwaardige musikant om vir byna vyf dekades relevant te bly. Afrikaanse musieklegende, Jannie du Toit, is een van daardie kunstenaars wat die toets van tyd kon deurstaan. 

Hy het homself oor die afgelope paar jaar daarop toegespits om musiek van sy gunsteling-musikante, soos Jacques Brel, Jules de Corte, Koos du Plessis en Lucas Maree te sing, maar het besluit dat dit weer tyd is om op sy eerste liefde en passie te fokus - naamlik om Afrikaanse liedjies te skryf en na die verhoog te bring. Die resultaat hiervan is ’n splinternuwe album: OESJAAR 2018 - al die liedjies uit Jannie se pen en saam daarmee ’n verhoogproduksie met dieselfde titel. 

Die liedjies op die nuwe album bevat wyd uiteenlopende temas: Daar is ’n huldeblyk aan die oorlede musieklegende Christa Steyn met wie Jannie vir 25 jaar saamgewerk het. Hy sing verder oor ’n legendariese koffiewinkel in sy voorstad, Melville en oor die passie wat ‘n kunstenaar dryf om nooit op te hou skep en sing nie.  Die lied ‘Ons soek ’n tata’ is opgedra aan Madiba en in die titelsnit ‘Oesjaar’ gebruik hy ’n wingerd as beeld van sy musiekloopbaan. Jannie het ook ’n liefdeslied vir die album geskryf, opgedra aan sy vrou Therina met wie hy in Junie 2018 getroud is.  Hierdie snit is ook reeds middel Oktober as enkelsnit uitgereik.

Een van die bonussnitte op die album is Jannie se immergroen treffer ’n LIEDJIE VIR JOU – wat hy presies 40 jaar gelede geskryf het – waarvoor Karen Zoid ’n rock-baadjie aangetrek het. Sy het dit saam met hom opgeneem op haar program Republiek van Zoid Afrika.

Die verhoogproduksie bevat al die liedjies op die album. Die verwerkings is gedoen deur Clinton Zerf.

KUNSTENAARS

  • Jannie du Toit - stem en kitaar
  • Susan Mouton - tjello 
  • Chanie Jonker - klavier en akkordeon
Jannie du Toit | Oesjaar in Gansbaai

Great White House Restaurant

The Great White House in Kleinbaai, just outside Gansbaai, is a vibrant destination offering a restaurant, comfortable accommodation, and a well-stocked curio shop. The restaurant serves breakfast, lunch, and dinner, specialising in dishes made with fresh, wholesome ingredients. Guests can choose be...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Enjoy School Holidays at The Great White House

Enjoy School Holidays at The Great White Hous...

From Monday, 16 September to Tuesday, 1 October 2024, bring the whole family to experience everything The Great White House has to offer.

Great White House
19 September 2024: Petronel Baard Live

19 September 2024: Petronel Baard Live

Petronel Baard is back at The Great White House Restaurant.

Great White House
Warm Up with Delicious Curries at The Great White House

Warm Up with Delicious Curries at The Great W...

The Great White House has just the thing to warm you up with our delectable curry options.

Great White House
Ultimate Seafood Platter

Ultimate Seafood Platter

Enjoy the ultimate seafood experience at The Great White House!

Great White House
Perfect Breakfast Spot in Gansbaai

Perfect Breakfast Spot in Gansbaai

Experience the perfect start to your day at The Great White House Restaurant!

Great White House
Holiday Closure Dates: 25 December 2023 and 1 January 2024

Holiday Closure Dates: 25 December 2023 and 1...

The Great White House will be closed on Christmas Day, 25 December 2023, and New Year’s Day, 01 January 2024.

Great White House