'n 1ste vir Laerskool Gansbaai
'n Eerste vir Laerskool Gansbaai is dat 'n invorderingskonsltant aangestel is...
Op Vrydag, 26 April 2024, het die dapper Gansies reën, koue en wind getrotseer en die staptog aangepak vanaf die skool na Stanfordsbaai en terug. Ten spyte van modder op die pad, het almal dit baie geniet en selfs die onderwysers het 'n bietjie pret gehad. Die skoolhoof, mnr. Devin Sauls, was selfs moedig genoeg om by Stanfordsbaai die koue see in te duik as bewys dat hy nie vir enige Gansie-uitdaging skrik nie!
Terug by die skool kon onderwysers van die klas wat die meeste geld ingesamel het, hul graadkollega sopnat gooi, tot groot plesier van al die leerders wat uitgesien het om te hoor wie die wenklas in elke graad was.
Laerskool Gansbaai is ongelooflik trots op elke Gansieleerder en -onderwyser wat hierdie dag met gees en deursettingsvermoë aangepak en voltooi het. Julle laat ons harte warm klop met jul Gansie-gees!
Dankie ook aan ouers, grootouers, familie en vriende wat gehelp het om die Pretstapfondsinsameling so 'n groot sukses te maak - dankie dat jul ons Gansies so mooi ondersteun.
Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More'n Eerste vir Laerskool Gansbaai is dat 'n invorderingskonsltant aangestel is...
Wat ’n ongelooflike spesiale week vol liefde, lag en saamwees!
Ons waardeer jul teenwoordigheid soggens by die skolierpatrollie en in die middae wanneer skool verdaag.
Ons o/7 tot o/9 spelers het met groot entoesiasme en sportgees deelgeneem.
Op Woensdag, 18 Februarie, het ons O/11- en O/13-krieketspelers kragte gemeet teen Die Bron Primêre Skool.
Wat ’n ongelooflike dag was dit laas Saterdag by die Six-a-Side toernooi!