'n 1ste vir Laerskool Gansbaai
'n Eerste vir Laerskool Gansbaai is dat 'n invorderingskonsltant aangestel is...

Laerskool Gansbaai bied 'n opwindende geleentheid vir 'n dinamiese, energieke persoon om aansoek te doen vir die vakante pos van Ontvangsklerk vir ons beheerliggaam. Hier is die vereistes vir die pos:
• Graad 12/matriek is 'n vereiste
• Uitstekende rekenaarvaardighede
• Ervaring as admin of ontvangsklerk sal tot u voordeel strek
• Goeie kommunikasievaardighede in Engels en Afrikaans
• Geldige SAP-klaring
• Kennis van basiese noodhulp
Die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag, 21 Junie 2024, 12:00. Die vakante pos is beskikbaar vanaf 15 Julie 2024.
Die pligte van die ontvangsklerk sal insluit:
• Ontvangs van besoekers/ouers
• Goeie telefoonetiket
• Kantooradministrasie
• Leerderafwesighede en vervoer
• Boekstoor en handboekbestellings
• Voorraadopnames
• Fotostaatmasjienadministrasie
• Datavaslegging op verskeie toepassings
• Gebruik van debiet- en kredietkaartmasjiene
Stuur asseblief u volledige CV en dekbrief met bewyse van u kwalifikasie(s) na die volgende e-posadres met die verwysing POSNO.08/2024: admin@gansies.co.za
Neem asseblief kennis dat slegs suksesvolle kandidate vir 'n onderhoud genooi sal word.
Kom maak deel uit van ons span by Laerskool Gansbaai!
Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More'n Eerste vir Laerskool Gansbaai is dat 'n invorderingskonsltant aangestel is...
Wat ’n ongelooflike spesiale week vol liefde, lag en saamwees!
Ons waardeer jul teenwoordigheid soggens by die skolierpatrollie en in die middae wanneer skool verdaag.
Ons o/7 tot o/9 spelers het met groot entoesiasme en sportgees deelgeneem.
Op Woensdag, 18 Februarie, het ons O/11- en O/13-krieketspelers kragte gemeet teen Die Bron Primêre Skool.
Wat ’n ongelooflike dag was dit laas Saterdag by die Six-a-Side toernooi!