Leerders Blink Uit by Nasionale Skaakkampioen...
Agt leerders van Laerskool Gansbaai, wat gekies is vir die Wes-Kaapse skaakspan...
Die Gansies het behoorlik geGons saam met ons eie liedjieboer, Anton Goosen, Laerskool Gansbaai Junior- en Seniorkore, ons eie solo-sangers, sowel as Valiant Swart en Illimar Neitz. Wat 'n belewenis was dit nie vir jonk en oud nie!
Panorama het Donderdagaand, 1 Augustus 2024 en Vrydagaand, 2 Augustus 2024, gelééf met gunstelinge soos Trompie, Jantjie en Waterblommetjies. Van kos gepraat: De Uijlenes, Nel Schrecker en die WOW-ouers van Laerskool Gansbaai het op beide koue aande gesorg vir heerlike warm sop – beslis ’n wenner by elke gas. Met hierdie optredes van Anton Goosen voor sy tuisdorp-gehoor, het 'n wens van baie Gansbaaiers waar geword en is ons jonger generasie geleentheid gebied om legendariese liedjies hul eie te maak. Só is generasies verenig deur samesang en musiekklanke.
Dankie aan AL ons borge vir jul bydrae!! Hoe groot of klein ookal dit was - sonder julle sou dié twee aande se sukses nie moontlik wees nie.
Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreAgt leerders van Laerskool Gansbaai, wat gekies is vir die Wes-Kaapse skaakspan...
Laerskool Gansbaai se kultuuraand was van Oscar-gehalte hierdie jaar, wat moontlik gemaak is met behulp van personeel, ouers en leerders
At Laerskool Gansbaai, we are more than just a school, we are a family where every family member’s safety matters.
Baie geluk aan ons oud-Gansie, Alexa Collins, wat uitgenooi is om die Wes-Kaap o/19 Dameskrieketspan...
Kom geniet 'n lekker dag saam met ons op 29 November 2024!