Skolierpatrollie 2026
Die nuwe skolierpatrollielede, onder leiding van Mnre Adrian Hage en Francoise Stoman, het op Woensdag, 21 Januarie hul opleiding ontvang...

Agt leerders van Laerskool Gansbaai, wat gekies is vir die Wes-Kaapse skaakspan het vanaf 14 tot 19 Desember aan die Mzansi Interprovinsiale Skaakkampioenskappe in Polokwane deelgeneem.
Die 0/8-span het goud verower (Rossouw Coetzer en Lihan Lourens van Laerskool Gansbaai was in dié span). Die 0/12-meisiespan het goud verower (Anneke du Preez van Laerskool Gansbaai was in dié span). Die 0/12-seunsspan het brons verower (Hanro Coetzer en Heinrich Buhr van Laerskool Gansbaai was in dié span). Die 0/14-meisiespan het ook goud verower (Luandi van der Linde, Danielle Stevens en Alet du Preez van Laerskool Gansbaai was in dié span). Wes-Kaap was die wenners van die toernooi met 6 goud, 1 silwer en 6 brons medaljes.
Baie geluk aan elke leerder wat deelgeneem het. Ons is trots op julle. Danielle Stevens het 3de plek, Hanro Coetzer 9de plek, Anneke du Preez 10de plek, Luandi van der Linde 10de plek en Rossouw Coetzer 9de plek elkeen in hul onderskeie ouderdomgroepe behaal.
Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreDie nuwe skolierpatrollielede, onder leiding van Mnre Adrian Hage en Francoise Stoman, het op Woensdag, 21 Januarie hul opleiding ontvang...
Ons wens die Gansies wat die Wes-Kaap verteenwoordig by die Mzansi Inter-Provinsiale Jeugskaakkampioenskap sterkte toe.
Dankie dat julle bygedra het tot ’n onvergeetlike afsluiting van ’n uitstekende jaar!
Die graad 3-leerders het Maandag, 1 Desember hul jaarlike afsluitingsfunksie by Groeneweide gehou.
Laerskool Gansbaai nooi ’n toegewyde en entusiastiese opvoeder uit om by ons dinamiese span aan te sluit.
Wat ’n pragtige dag op Woensdag, 5 November 2025 om krieket te speel teen Laerskool De Villiers Graaff!