'n 1ste vir Laerskool Gansbaai
'n Eerste vir Laerskool Gansbaai is dat 'n invorderingskonsltant aangestel is...
Laerskool Gansbaai se Junior- en Seniorkoor het op Jeugdag, 16 Junie 2025, aan die "Fine Arts Choir Festival" in Hermanus deelgeneem.
Die Koorfees was ter afsluiting van die afgelope tien dae se "Fine Arts Festival" wat in Hermanus aangebied is.
Die doel van hierdie fees is om die kunste en kunstenaars in die groter Hermanusarea blootstelling te gee en ons hoop dit sal in die toekoms uitbrei.
Ons skool was een van 'n hele paar skole wat opgetree het en was ook bevoorreg om deel te wees van die massakoor wat onder Marimba-begeleiding "shoshaloza" as die finalé gesing het.
Daar was geen kompetisie hieraan verbonde nie, maar dit het die leerders baie goeie blootstelling vir Eisteddfod asook ander optredes gegee wat nog hierdie jaar vir hul voorlê.
Dit was ook 'n goeie ondervinding vir ons Gansies om in 'n groot saal, met 'n groot verskeidenheid mense, op te tree en te luister na ander kore.
Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More'n Eerste vir Laerskool Gansbaai is dat 'n invorderingskonsltant aangestel is...
Wat ’n ongelooflike spesiale week vol liefde, lag en saamwees!
Ons waardeer jul teenwoordigheid soggens by die skolierpatrollie en in die middae wanneer skool verdaag.
Ons o/7 tot o/9 spelers het met groot entoesiasme en sportgees deelgeneem.
Op Woensdag, 18 Februarie, het ons O/11- en O/13-krieketspelers kragte gemeet teen Die Bron Primêre Skool.
Wat ’n ongelooflike dag was dit laas Saterdag by die Six-a-Side toernooi!