'n 1ste vir Laerskool Gansbaai
'n Eerste vir Laerskool Gansbaai is dat 'n invorderingskonsltant aangestel is...
TENNIS:
Daniël de Villiers het die afgelope naweek sy tennisskoene behoorlik laat werk!
Op Saterdag, 21 Junie, het hy deelgeneem aan die Worcester ProKennex-toernooi en eindig hy 3de by seuns O/11.
Op Sondag, 22 Junie, het hy deelgeneem aan die eerste rondte van die Overberg Tennisproewe te Bredasdorp, waar hy 4de eindig.
Welgedaan, Daniël - speel jou hart uit, Gansie!
Daar is nog 2 rondtes proewe oor. Na al 3 proewe word die top 8 vir die Overberg span gekies.
Daniël 3de, Seuns 0/11 by Worcester ProKennex

LANDLOOP:
Die Landloop-distriksbyeenkoms is op 21 Junie 2025 by Laerskool Overberg aangebied en ons is weereens baie trots en dankbaar om die pragtige uitslae van ons Gansies te deel:
DO/9: Mieke Groenewald 2de, Pippa Pretorius 6de
D0/10: Liëtte Kotze 3de, Isabella Beets 6de
S0/10: Micah Fisher 6de,
D0/11: Lucadin Jansen 5de
D0/12: Skylar Beyers 6de
DO/13: Esmé Collins 4de, Ninke Kotze 5de.
S0/13: Chris du Toit 5de
D0/14: Janica du Toit 2de
‘n Paar van ons atlete het die Top 6-posisie net-net gemis. Ons het groot waardering vir elke atleet wat dwarsdeur die toetsreeks getrou geoefen het om hul kant te bring. Aanhouer wen! Julle maak ons trots!

Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More'n Eerste vir Laerskool Gansbaai is dat 'n invorderingskonsltant aangestel is...
Wat ’n ongelooflike spesiale week vol liefde, lag en saamwees!
Ons waardeer jul teenwoordigheid soggens by die skolierpatrollie en in die middae wanneer skool verdaag.
Ons o/7 tot o/9 spelers het met groot entoesiasme en sportgees deelgeneem.
Op Woensdag, 18 Februarie, het ons O/11- en O/13-krieketspelers kragte gemeet teen Die Bron Primêre Skool.
Wat ’n ongelooflike dag was dit laas Saterdag by die Six-a-Side toernooi!