'n 1ste vir Laerskool Gansbaai
'n Eerste vir Laerskool Gansbaai is dat 'n invorderingskonsltant aangestel is...
Wat ’n ongelooflike dag was dit laas Saterdag by die Six-a-Side toernooi! Ons O/13-krieketspan het uitstekend gevaar en regtig gewys wat in hulle steek. Die seuns het deur die dag nuwe vaardighede aangeleer, as span gegroei en mekaar deurentyd ondersteun.
Hulle het deurgedring tot die finaal – ’n besondere prestasie waarop ons baie trots is! Ongelukkig moes hulle in die eindstryd die knie buig teen Curro Hermanus, maar hulle veggees en deursettingsvermoë was duidelik sigbaar.
’n Groot dankie aan Laerskool Okkie Smuts vir ’n goed georganiseerde dag en die geleentheid wat aan ons spelers gebied is. Dit word opreg waardeer!
Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More'n Eerste vir Laerskool Gansbaai is dat 'n invorderingskonsltant aangestel is...
Wat ’n ongelooflike spesiale week vol liefde, lag en saamwees!
Ons waardeer jul teenwoordigheid soggens by die skolierpatrollie en in die middae wanneer skool verdaag.
Ons o/7 tot o/9 spelers het met groot entoesiasme en sportgees deelgeneem.
Op Woensdag, 18 Februarie, het ons O/11- en O/13-krieketspelers kragte gemeet teen Die Bron Primêre Skool.
Ons is ongelooflik trots op die volgende atlete wat deurdring na die Boland Atletiekbyeenkoms...