Skitterende Sterre Agter die Lens
Skitterende sterre agter die lens!
Op Saterdag, 14 Maart 2026, het ons Gansie mini-krieketspelers fantasties gevaar tydens ons eie Mini-Krieketdag!
Dit was ’n heerlike dag vol pret, mooi krieket en groot glimlagte. Dit was duidelik dat elke speler die dag behoorlik geniet het.
Groot drome is Saterdag gedroom - al was die veld en ons spelers nog klein.
Baie dankie aan al die besoekende skole wat saam met ons die dag so spesiaal gemaak het. Ons waardeer julle deelname en die goeie gees waarin alles plaasgevind het.
Ons innige meegevoel ook aan Protea Primêr met die afsterwe van een van hulle kollegas. Baie dankie dat julle, ten spyte daarvan, steeds deel was van ons dag.
’n Groot dankie ook aan elke Gansie-personeellid, ouer, leerder, speler en borg wat gehelp het om die dag moontlik te maak. Sonder julle ondersteuning en harde werk sou dit nie dieselfde gewees het nie.
Ons is trots op ons Gansies!
Skole hier teenwoordig: Protea Primêre Skool, Gansbaai Primêre Skool, Laerskool Overberg (3 besoekende skole / 4 skole teenmekaar - LSG ingesluit).
Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More'n Eerste vir Laerskool Gansbaai is dat 'n invorderingskonsltant aangestel is...
Wat ’n ongelooflike spesiale week vol liefde, lag en saamwees!
Ons waardeer jul teenwoordigheid soggens by die skolierpatrollie en in die middae wanneer skool verdaag.
Ons o/7 tot o/9 spelers het met groot entoesiasme en sportgees deelgeneem.
Op Woensdag, 18 Februarie, het ons O/11- en O/13-krieketspelers kragte gemeet teen Die Bron Primêre Skool.