Proses in Gemeente t.o.v.wysiging van Art. 1 van die Kerkorde

Proses in Gemeente t.o.v.wysiging van Art. 1 van die Kerkorde

NG Kerk Gansbaai

NG Kerk Gansbaai : Stem oor die wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde.

Waaroor gaan die proses?

Die Algemene Sinode het reeds in 1998 besluit dat die inhoud van die Belydenis van  Belhar nie met die Skrif in stryd is nie en het toe ook die inhoud van die Belydenis van Belhar aanvaar.

In 2011 besluit die Algemene Sinode dat die Belydenis van Belhar op kerkordelike  wyse deelgemaak moet word van die belydenisgrondslag van die NG Kerk. In 2013  besluit die Algemene Sinode dat die gepaste manier om dit te doen sal wees om Kerkorde Artikel 1 soos volg te wysig:

Voorgestelde nuwe Artikel 1

1.1 Die Nederduitse Gereformeerde Kerk is gegrond op die Bybel as die heilige en onfeilbare Woord van God.

1.2 Die leer wat die Kerk in ooreenstemming met die Woord van God bely, word verwoord in

1.2.1 die ekumeniese belydenisse, naamlik die Apostoliese Geloofsbelydenis, die

Geloofsbelydenis van Nicea en die Geloofsbelydenis van Athanasius; en

1.2.2 die Drie Formuliere van Eenheid, naamlik die Nederlandse Geloofsbelydenis, die

Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreels.

1.3 Die Belydenis van Belhar is deel van die belydenisgrondslag van die Kerk, op so ’n wyse dat daar ruimte is vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit as in ooreenstemming met die Woord van God bely, sowel as vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit nie as ’n belydenisskrif onderskryf nie.

1.4 Die Kerk aanvaar dat haar roeping om haar geloof te bely, altyd geld en dat ’n uitbreiding van haar belydenisgrondslag sonder dwang geskied.

Die sinode wil graag toesien dat die kerkordelike bepalings noukeurig nagekom sal  word soos in Kerkorde Artikel 44.1 asook in Reglement 24 voorgeskrywe word. Daarom word gemeentes nou versoek om oor hierdie voorstel te stem.

Die stemproses in ons gemeente:

22 Januarie 2015 - Kerkraadsvergadering doen aanbeveling oor Artikel 1

25 Januarie, en 1,8 en 15 Februarie - Aanbeveling van Kerkraad word aan die gemeente deurgegee

18 Februarie  om 18:00 - Inligtingsessie

19 en 20 Februarie - Stemming deur die gemeente

Die stemlokale sal soos volg wees: Streek Baardskeerdersbos – B.Bos saal,  

Streek  Pearly Beach – Pearly Beach Saal,

Streke De Kelders, Gansbaai, Kleinbaai en   Franskraal –    Pretoriussaal.

Tye sal later aangekondig word.

24 Februarie - Kerkraadsvergadering om besluit te neem plus die tel van die stemme

1 en 8 Maart - Besluit van kerkraad word aan die gemeente deurgegee vir goedkeuring.

Indien geen beswaar teen die proses gemaak word nie, word die besluit aan die Ring gestuur.

Opmerking: Dit is baie belangrik dat hierdie proses sal plaasvind in die gees van gebed, wedersydse respek en liefde.

Vir enige navrae kan die leraars gekontak word.

Proses in Gemeente t.o.v.wysiging van Art. 1 van die Kerkorde

NG Kerk Gansbaai

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai