Seestrome 2015: Kersmark 10-23 Desember 2015 . . . nog ‘n ervaring!

Seestrome 2015: Kersmark 10-23 Desember 2015 . . .  nog ‘n ervaring!

NG Kerk Gansbaai

Vanjaar gebeur dit die twaalfde keer...

Soms was daar storms, soms lekkerrrr weer!

Jaarliks word harder probeer en gebruik ons die lesse algaande geleer.

Voorspoed  jaag die Kersmark soos ‘n brander:

Om voor te bly, word dinge gedurig verander. Soms is verandering goed en skrander, maar o wee, soms moet ons net lag vir elkander! Dis die basiese dinge wat sake reg laat ontvou  . . . en dan word gepoog om met nuwe dinge uit te bou.

Die Kersmark word gewoonlik aangeprys . . . soms afgeknou, maar deur geloof in Hom en gebed in stand gehou!

Die doel is om ons gemeente te help befonds –
maandelikse bydraes raak mos moeilik soms.
Nou laat die Kersmark harte beter bons,
want daar word spandeer . . . sonder ‘n frons!

Mag u hierdie Kersmark geniet!
Ons bid dat Hy sy seën daaroor giet.
Kom ons sing in ons harte ‘n dankie-lied –
in  dié wete dat sy wil geskied!
- Thys en Linda Cilliers

 Linda Cilliers vertel:

“Verandering is ‘n onveranderlike feit van die lewe” (Rosa Guy). Sedert die eerste Kersmark in 2004,  het daar oor die jare ‘n paar veranderings plaasgevind. Vanaf 2005 het ons ‘n gerekenariseerde datastelsel in gebruik geneem, wat voorraad beheer en die druk van prysplakkers en uitbetalings aan die uitstallers baie vergemaklik het. Die Kersmark-kantoor op die galery het ‘n groot verandering teweeg gebring en ‘n verskil gemaak in die hantering van die administrasie van die hele projek.

My regterhand, Maryke van Rensburg, en die staatmaker vloerbestuurders, Petro Trautman, Rita Pio en Ilse Klopper, is saam met my deurlopend betrokke, d.w.s. gedurende die 10 maande wat die Kersmark voorafgaan. Daar is ‘n paar uitstallers wat sedert die eerste Kersmark nog steeds jaarliks gekeur word vir deelname  omdat hulle met godgegewe talent jaarliks veranderings maak en nuwe produkte voorsien. Dit, uiteraard, bring mee dat die Kersmarkuitstallings elke jaar anders lyk, tesame met nuwe uitstallers wat ook jaarliks aan die Kersmark ‘n ander gesig gee.  Die talent-volle Anita Botha en haar span verander ook elke jaar die dekor in die saal en maak dit vir ieder en elk wat  die Kersmark ondersteun ‘n aangename ondervinding. 

Gedurende die eerste twee jaar was daar buite die saal ‘n groot tent opgeslaan vir die kafeteria, maar die wind het dit te onaagenaam gemaak. Die kafeteria wat na die verhoog verskuif is, was ‘n waagstuk wat verandering betref, maar dit het ‘n baie gesellige kuierplek geword, wat bydra tot die lekker atmosfeer van die hele Kersmark.

Diegene wat sedert 2004 jaarliks by die Kersmark betrokke was,  is almal ongeveer 12 jaar ouer en die verandering wat ek die graagste wil sien, is die betrokkenheid van die jonger gemeente-lede by die Kersmark, want dit is ‘n gemeenteprojek waar oud en jonk lekker kan saamwerk. Dis ‘n voldonge feit dat dit opoffering verg om twee weke lank gedurende die Desembervakansie vrywillig by ons gemeente se Kersmark te werk. 

Carl Jung (1875 – 1961) se woorde is baie waar: “Jy kan nie jou situasie of die mense rondom jou verander nie. Net jou eie gesindheid.”  In Handelinge lees ons dat verandering geskied deur God se Gees in ons. Na alles bly ons Hemelse Vader die enigste

onveranderlike in ons lewens en in konteks wat die Kersmark betref,  seën Hy ons gemeente jaar na jaar.  

Ek wil afsluit met die gebed van St.Franciskus van Assisi:

“God grant me the serenity to accept the things I cannot change,  the courage to change the things I can and the wisdom to know the difference.  Amen.”

Seestrome 2015: Kersmark 10-23 Desember 2015 . . .  nog ‘n ervaring!

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai