Seestrome 2015: Twee Kerssangdienste in November 2015 in NGK Gansbaai!

Seestrome 2015: Twee Kerssangdienste in November 2015 in NGK Gansbaai!

NG Kerk Gansbaai

JEUG-KERSSANGDIENS:

Sondag 15 November het ons kinders onder leiding van die gesins- en jeugkommissie hulle eerste Kerssangdiens aangebied. Soos wafferse professionele  het hulle met behulp van ds. Willie Kotze, Hannes Cilliers, Pikkie Louw (orrelis), die kategete en hul ouers ‘n pragtige aand met sang en musiek geskep waar Jesus se geboorte ons harte warm aangeraak het.

Naas gemeentesang, was van die ander deelnemers: Laerskool Okkie Smuts se Marimba-orkes, Laerskool Gansbaai junior- en Interene Fase, NGK Gansbaai- koor, Kleine Gansies, Fiona Fourie, Monet van Deventer en Alissa Coetzee, met Conrad Geldenhuys as knap dataprojektor-en programaanbieder. Na afloop van die Kerssangdiens is daar gesellig in ‘n volgepakte Pretoriussaal saamgekuier en verversings geniet. Hulle verdien ’n staande applous!

JAARLIKSE KERSSANGDIENS:

Sondag 22 November . . . nog ‘n onvergeetlike Kerssangdiens. Die kerk was stampvol. Die liturg was, ds. Willie Kotze wat sy voorlesings hoofsaaklik op die Lukas Evangelie gebaseer het. Die orrelis was Annelene Reinke. Chris van Zyl, (kitaar), en Jack White (trompet). Die Blompark mannekoor (onder leiding van Annelie Botha), die VG-kerkkoor en die  NG-kerkkoor (onder leiding van Aletta Lochner) het die allermooiste sang gelewer.

Die kerk was pragtig versier met dank aan Hardus en Anita Botha, Marian van Rhyn, Marie de Jager, Hennie en Magda Swart, Leonie Botha, Marlene van Rooyen, Dawie en Amanda le Roux, Deon Rabe en helpers. Die koster, Marius le Roux, en kantoordames, Maritha Kriel en Wilna Swanevelder asook Maureen Voigt wat die dataprojektor en program met skyfies hanteer het. Almal teenwoordig en alle rolspelers is bedank vir die pragtige geleentheid en hul bygedra tot ‘n geestelike, Christusfees atmosfeer.

Tydens die sing van “Met Middernag” en “Stille Nag” het lidmate met brandende kerse in rooi houers na vore gestap, met die kore se lede wat soortgelyke kerse aangesteek het. Met die ligte wat afgeskakel is, is opgemerk hoe vele trane stilweg afgevee word. Ook na afloop van die diens is die aand gesellig in ‘n volgepakte Pretoriussaal afgesluit.

Seestrome 2015: Twee Kerssangdienste in November 2015 in NGK Gansbaai!

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai