Seestrome 2015: Hoe funksioneer ons NG-gemeente Gansbaai tans?

Seestrome 2015: Hoe funksioneer ons NG-gemeente Gansbaai tans?

NG Kerk Gansbaai

Gemeentestruktuur: Gansbaai-gemeente is ‘n groot korporatiewe gemeente wat in sewe streke ingedeel is met vyf kommissies met eiesoortige bedieninge en diensgroepe.

Volgens die kerklike statistiek van 2015 bestaan die gemeente tans uit ongeveer 2 130 belydende lidmate en 279 dooplidmate. Met die aftrede van dr. Bobo van Zyl is die kerkraad genoodsaak om te besin oor die gemeente se pad vorentoe.

Gedurende die afgelope jaar het die Kommissie Gemeentebou reeds gedagtes laat gaan ten opsigte van die gemeentestruktuur en ook die bedieningstruktuur. Daar is besin oor hulpbronne en hoe dit ten beste aangewend kan word om die kerkraad en verskillende bedieninge en kommissies se werksaamhede te laat vloei en nie te laat oorvleuel nie. Die kerkraad het reeds besluit om in die nuwe jaar opnuut te kyk na die samestelling van die verskillende kommissies en ook die samestelling van die kerkraad (die beskikbaarheid van ouderlinge en diakens is veral ‘n groot bekommernis, want dit raak lidmate in die wyke). Geen besluit is nog geneem nie. Hierdie saak sal DV in 2016 aandag geniet sodra ‘n nuwe leraar aangestel is.

Seestrome 2015: Hoe funksioneer ons NG-gemeente Gansbaai tans?

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai