Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Teks: Die godsdiens is ‘n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het (“godliness with content is a great gain’), want ons het niks in die wêreld ingebring nie en ons kan ook niks daaruit wegneem nie; as ons kos en klere het moet ons daarmee tevrede wees … (1 Tim. 6:6-8).
Teks: Geldgierigheid (“the love of money”) is ‘n wortel allerlei kwaad (1Tim. 6:10).
Teks: Die wat in hierdie wêreld ryk is moet jy waarsku om nie nie hoogmoedig te wees nie; om nie hulle hoop op die onsekerheid van hulle rykdom te vestig nie; maar op God wat wat alles ryklik gee om te geniet; spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam (1 Tim. 6:17,18).
Teks: “Maar jy, man van God … (1 Tim.6:11)
------------------------------
Geliefde gemeente, hierdie maand, in die Woordverkondiging, gaan ons kyk na die saak van “rentmeesterskap”. (Engels: “stewardship”).
As gemeente gaan ons nadink oor hierdie gedagte: dat ons as christengelowiges, in die nuwe lewe waarin Christus ons Here is, ook in ‘n nuwe verhouding staan met ons geld, besittings, bates.
Ons gaan mekaar herinner aan die beginsel van hierdie nuwe verhouding met ons geld, besittings, bates, nl. dat ook ons geld, besittings, eiendomme, bates ook onder die heerskappy van Christus is – en behoort te wees.
In die nuwe lewe waarin Christus ons Here is, is ons nie die eienaars van ons geld, besittings, eiendomme, ons bates nie, maar: ons is net bestuurders daarvan - bestuurders van dit waarvan ons nie die eienaars is nie, maar waarvan Christus die Eienaar is.
En ons gaan mekaar herinner aan die verantwoordelikheid wat ons het om ons geld, besittings, bates so te bestuur dat dit in diens gestel word om vir Christus te verheerlik.
Die grondbeginsel van rentmeesterskap in ons christelike lewe is die beginsel dat ons met alles wat ons het, nie meer aan ons aanself behoort nie, maar dat ons met alles wat ons het aan Christus behoort. En dat ons nie meer vir onsself lewe nie, maar vir Christus lewe.
Ons gaan ook nadink oor die seën van rentmeesterskap. Oor hoe getroue rentmeesterskap
vir ons in ons heiligmaking help: hoe dit ‘n funksie van ons (groei in ) heiligmaking is: hoe dit vir ons in ons stryd teen ons sondige natuur help … en vir ons help om meer en meer mense te wees wat in die oorwinning oor ons sondige natuur, die beeld van Christus vertoon – tot eer van God.
“Inderdaad, die evangelie van God se genade vir sondaarmense – hierdie evangelie wat die skat van die kerk is - die evangelie van die kruis; daardie evangelie van ons gewaarborgde versoening met God; die evangelie van die belofte van die volkome vergifnis van al ons sondes; die evangelie van die waarborg dat God se genade vir ons genoeg is; die evangelie van ons kindskap van God op grond van die Gekruisigde se offer en verdienste … ja, hierdie evangelie roep ons ook op tot ons heiligmaking, die stryd teen ons sondige natuur …
Die impak van hierdie evangelie in ons lewe is ook hierdie (dringende) begeerte, hierdie (diepe) verlange, hierdie versugting, hierdie dryfkrag: om heilig te wees …
En rentmeesterskap, die waarde, die seën van getroue rentmeesterskap, is dat dit ‘n kragtige middel is om ons hierin te help …”.
Vanoggend wil die Woord binne die groter tema van rentmeesterskap, met ons praat oor geldgierigheid.
Wie van ons vanoggend hier, is nie persoonlik kennelik bewus van hoe diep hierdie ding van geldgierigheid in ons sondige natuur lê nie?
En wie van ons sal kan ontken dat geldgierigheid in iemand se lewe die wortel van allerlei kwaad is? (Eng vertaling: the love of money is the root of all evil things” – let wel: evil things: bose dinge).
Wie van ons vanoggend hier – ryk(er) en arm(er) …?; arm(er) en ryk(er)? …
O, tot watter boosheid kan geldgierigheid in iemand se lewe lei! O, hoe ‘n duiwel kan geldgierigheid iemand maak!
O, hoeveel van ons ken die hartseer, pyn, ongelukkigheid, die skade wat dit kan bring in verhoudinge met ander; twis, vyandskap.
O, hoe verskriklik ondermyn dit ons verhouding met God en gehoorsaamheid aan die groot gebod van God.
Geldgierigheid: “love for money”; liefde vir geld/ besittings …. stoflike, materiele goed … om dit na te jaag … ; om dit te verhef tot prioriteit/ hoogste goed in die lewe …
Die eerste woord uit die Woord vanoggend is ‘n woord vir die onder ons wat arm(er) is.
Op hulle harte wil die Woord vanoggend hierdie boodskap kom afdruk:
Bid tot die Here – en vra vir die Here vir die gawe van vergenoegdheid; vra vir die Here om vir jou te help om vergenoegdheid te kan vind. (“contentment”).
As christengelowiges ken ons vergenoegdheid:–
daardie vergenoegdheid wat jou help om soggens te kan opstaan met die nodige motivering om jou werk na die beste van jou vermoë te doen; jou arbeid na die beste van jou vermoë te verrig; die nodige motivering om jou brood op ‘n eerlike en eerbare te verdien;
daardie vergenoegdheid wat jou help om goed te kan onderskei tussen dit wat ek begeer en dit wat ek werklik nodig het (my begeertes en my behoeftes; “my needs and my wants”) ; daardie vergenoegheid wat genoeg te doen het aan die “daaglikse brood” van die Onse Vader-gebed;
daardie vergenoegdheid wat jou in staat stel om oor ‘n blymoedigheid hart te beskik ondanks jou uitdagende, veeleisende lewensomstandighede;
daardie vergenoegdheid wat gedra word deur die oortuiging dat jy aan God behoort; dat God vir jou om Christus ontwil wil en sal sorg;
daardie vergenoegdheid wat jou steeds op God laat vertrou, op Sy liefde vir jou om Christus ontwil, en jou aanspoor om in jou omstandighede vir God met jou beste te dien.
Iemand skryf dat van die wonderlikste getuies, van die mees inspirerende christengelowiges vind ons onder die armes; in die onderdorpe van ons samelewing; in die arm buurtes … daar: die min; die gebrek … die tekort …
En tog: daar - waar ons verwonderd staan as ons daar kom, verwonderd staan oor die geluk (joy; happiness) wat daar in die gelowiges se harte is … hulle nogtans-geluk; ten- spyte-van-geluk …
Die wat selfs lewens te leef het van “dag-na-dag-se verbete oorlewing. . .
Iemand skryf: dit is so, ons weet dit almal: geld is nodig … geld is nodig … : en wie weet dit beter as ‘n arm man en ‘n arm man se kind; “money matters: R10 is R10 is R10! .
Ja, ons het geld nodig om ons basiese bestaansmiddele te verkry; kos en klere kos geld. En met een R1 kan jy nie iets koop wat selfs net tien sent meer kos nie …;
Maar dit is ook nodig om te weet – en christengelowiges behoort dit die beste te weet: dat geld kan nie geluk koop nie.
Trouens, hoe dikwels sien ons dit – dit waarop Jesus in ons Bybel so dikwels op wys: hoe skaars is geluk onder rykes, welgesteldes … ; rykdom, welvaart is dikwels die vyand/dief van geluk.
(Hy skryf: dit is opvallend in hoeveel ryk huise daar op die boekrakke soveel boeke staan wat hierdie vraag probeer beantwoord: “How to find that joy, that happiness”.
‘n Aanhaling uit ‘n boek met die titel: “When the game is over, it all gets back into the box”: “everybody thinks he needs one thing to make him happy: more”.
Hy haal Rockefeller aan:
“The poorest man I know is the man who has nothing but his money”.
Op ‘n dag vir hom gevra: “How much money is enough?”; Rockefeller het tergend gesê: “Just a little bit more”. (“the if-only-I-have” syndrome) .
Iemand: Ek is arm, maar ek het ‘n ryk Vader! En my Vader voorsien.
Wat armoede nie kan doen nie (‘What poverty cannot do”): Dit kan my nie van die liefde van God skei nie; dit kan nie die deur na die genadetroon van God toemaak nie; dit kan nie die belofte dat sy genade vir Sy uitverkorenes altyd genoeg is, uitwis nie.
NB: My grootste skat; dat ek in die arms van Jesus Christus ‘n kind van God is … ‘n lidmaat van Sy kerk is; deel van Sy huisgesin is ...
Kom ons moedig mekaar aan: Ons kan dit doen met God se genade … ons kan ons sware lewensomstandighede hanteer - tot eer van God … tot ‘n getuienis vir Christus … in diens van die verkondiging van die evangelie aan ander … tot die redding van siele.
Kom on kies daagliks om met hierdie prioriteite te lewe: eers die ewige en dan die tydelike; eers my heiligheid, dan my geluk.
(contentment/ vergenoegdheid … vs discontentment
contentment comes from having the priority of godliness, not gain …; and the perspective of the eternal and not the temporal …).
Die tweede woord uit die Woord is vanoggend vir die onder ons wat ryker is.
In ‘n neutedop: “You are blessed to be a blessing” …; jy word geseën om ‘n seën te wees …
Dalk is daar een ding wat meer inspirend is in die geloofsgemeenskap waarin ons vir Jesus Christus as ons Here dien – een ding wat meer inspirerend is as die arm man … en dit is die ryk man … ja, die ryk man met die oop hand …
Die wonderwerk wat die heerskappy van Christus in ‘n mens se lewe kan doen … ‘n wonderwerk in vergelyking so groot as om ‘n kameel deur die oog van ‘n naald te kry …
Die ryk man – ryk in goeie dade; vrygewig en mededeelsaam
Die ryk man – met Christus as sy Here …
In die geloofsgemeenskap/ gemeente weet ons: die armer broer het die ryker broer nodig; so nodig.
Ons weet ook: die ryker suster het die armer nodig; so nodig …
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.