Moenie die Heilige Gees bedroef nie

Moenie die Heilige Gees bedroef nie

NG Kerk Gansbaai

EFES 4:25-32

Een van die merkwaardigste uitsprake in die Nuwe Testament is die woorde in Efes 4:30:  “En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag”  Hierdie merkwaardige gedeelte wil vir ons sê dat ons die Gees van God kan teleurstel, kan seermaak, ja, selfs hartseer maak.  

Die gedeelte word nog merkwaardiger as ons kyk na die   voorbeelde wat die Efesiërskrywer aan ons voorhou waarvolgens ons die Heilige Gees bedroef

In vers 25   staan dat gelowiges die leuen, die valsheid moet aflê en die waarheid onder mekaar praat.  Waarom?, want ons is almal lede van dieselfde liggaam.  Die Heilige Gees het ons aanmekaar gebind, maak ons een met mekaar.  As ons daarom vals is, is ons eintlik vals teenoor die Gees self.   Ons is vals teenoor mekaar op verskeie maniere.  Ons is vals teenoor mekaar deur maskers wat ons dra, rolle wat ons teenoor mekaar speel, vals agendas en motiewe.  Ons verberg ons liefdeloosheid en kwade gevoelens agter mooi glimlaggies, agter vroom slagspreuke en uitdrukkings. Wanneer ons so teenoormekaar leef, leef ons in ‘n leuen, in valsheid teenoor mekaar.  Efesiërs sê hierdie valsheid teenoor mekaar is ten diepste valsheid teenoor God se Gees

Vers 26:  Hierdie gedeelte  sê ons moenie kwaad word vir mekaar en dan so bly leef nie.  Ons moenie kwaad-wees vir mekaar en so gaan slaap en opstaan nie.  Wanneer ons nie die woede teenoor mekaar hanteer nie, nie die konflik uitpraat nie, leef ons tog in onvrede teenoor mekaar.  Dan beswadder, beskinder ons mekaar.  Maak mekaar sleg by ander.  En kort voor lank word dit ‘n lewenswyse.  Wanneer ons mekaar so bedroef, bedroef ons die Heilige Gees.

Vers 28) sê ons moenie steel nie,maar ons moet werk sodat ons ook vir die armes kan gee.  Dit, volgens die teksgedeelte, is die hoofrede waarom ons werk.  Ons werk nie in die eerste plek net vir ons self, vir ons eie gerief nie, nee, ek werk om my naaste wat swaar kry, vir die noodlydendes te sorg.   Martin Luther sê daar is 2 soorte diewe: die wat goed van ander mense steel en die wat hulle goed soos diewe gebruik. Martin  Luther skryf:”  Ons is diewe en rowers as ons so vasklou aan ons eie brood dat ons vir bedelaars sê:’ Ek het gewerk vir die brood in my huis.  Sorg jy maar vir jouself. As ek hierdie behoeftige nie voed nie, word my eie goed gesteelde en geroofde goed, ook wanneer dit nie geroof en gesteel is nie.Daardeur word ek ‘n dief vanweë my eie goed, deurdat ek niemand daarmee dien nie.  Wie na hulle eiendom gryp,en daaraan vasklou,en nie wil deel nie en nie wil dien nie,is vir die Christelike tradisie ook diewe”.

Maar nou gaan hy verder met sy siening oor diefstal as bloot die steel van goed en dinge of as die manier waarmee ek met my eie besittings omgaan. Hy skryf verder:

.“Die Bybel en die Christelike tradisie veroordeel alle soorte diefstal wat ander mense beroof.  Wat na hulle eiendom gryp, na hulle lewe gryp, na hulle waardigheid gryp, na hulle geluk gryp.  Op soveel maniere beroof mense ander  van wat hulle toekom. Mense beroof mekaar van goedere, eiendom, en besittings.  Van sekuriteit, rus en vrede.  Maar ook van respek en erkenning; vrienskap en liefde”

Hoor u hoe aangrypend verwoord hierdie aanhaling  die betekenis van diefstal.  Diefstal is nie net iets wat gedoen word deur sekere mense(skelms, bruines,swartes,straatkinders) in die samelewing nie.  Diefstal is ook nie net die steel van besittings, goed en dinge nie,  Nee,  die diefstal waarvan die Bybel praat is baie omvattender, baie ernstiger as wat ons besef.

Elke daad van verkragting, van molestering van kinders, van kwaadpraat(vers 29 noem dit vuiltaal) oor ander, elke daad van vernedering en verkleinering van ander, elke daad waar ons ander se menswaardigheid aan tas, is ‘n vorm van roof, van diefstal.

Wie diefstal so verstaan, sal ook verstaan waarom Efesiërs  sê dat diefstal die Heilige Gees bedroef.

Die punt wat Efes 4 maak is duidelik.  Wanneer ons leuens vertel, wanneer ons met kwaad teenoor mekaar leef, wanneer ons van mekaar steel, wanneer ons vuiltaal teenoor mekaar gebruik bedroef ons die Heilige Gees.  Waarom, omdat die Heilige Gees ons aan mekaar bind(vers 31-32), ons deel maak van die liggaam van Christus, die kerk.  Die Heilige Gees  maak ons deel van die kerk wat die gesig van die Drie enige God in hierdie  wêreld weerspieël. Die kerk is een omdat God een is. Waar ons leef in die leuen, met woede wat vernietig, steel van mekaar, met taal wat afbreek en vernietig, Waar daar nie meer onderlinge liefde teenoor mekaar is nie, lei dit tot verdeeldheid, skeuring onder gelowiges,maar nog erger dit bedroef die Heilige Gees .

Moenie die Heilige Gees bedroef nie

Ds. Willie Kotze

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai