Seestrome 2015: Die lewe het nie 'n

Seestrome 2015: Die lewe het nie 'n

NG Kerk Gansbaai

Ja, hoeveel van ons het al gewens dat die lewe ‘n “rewind”-knoppie het. Dat ons kans kan kry om óór te leef: Om terug te gaan op ons spore en dinge ánders te doen. Dan kan ons dalk meer begrip toon, meer geduld hê en met groter deernis optree. Ons kan dan meer aanvaar, minder kritiseer, meer luister, minder praat, meer omgee en minder ongenaakbaar wees . . . Dan kon ons ons lewenspel oor speel, beter verhoudings bou en meer liefhê. Maar nou weet ons: Die lewe is toe nié ‘n kleedrepetisie nie.

Ons is nóú reeds besig met die finale verhoogstuk van ons lewens. Dís ‘n wakker-skrik-gedagte wanneer ons besef dat ons ook in ons verhoudingslewe besig is met die finale spel. En vir ons almal is gister vir altyd verby . . . En môre is ons dalk nie be-skore nie. Met die water wat verby is, sal die meul nooit weer maal nie. Gister is verlede tyd, môre is toekoms.

Tog het ons vandag! Hierdie dag is aan ons gegee sodat ons positiewe deposito’s kan maak in die lewens van hulle wat aan ons geleen is. Daarom kan ons kies om - ongeag al ons onperfekte gisters  - ‘n groter rol in die liefde tussen mense te speel.

Ons kan dit doen deur:

• Minder te veroordeel en ander met groter

  

onvoorwaardelikheid te aanvaar. Ja, ons kan dit doen deur lief te wees vir die ander vir wie en wat hulle is, nie vir wat ons nog van hulle wil maak nie.

• Minder krities te wees oor die klein onbelangrike dingetjies en meer ingestel wees op die groot dinge wat wél reg, goed en bewonderenswaardig is.

 * Minder selfsugtig en selfgesentreerd te wees en ander se belange hoër as ons eie te stel.

• Minder geïrriteerd en ongeduldig te wees en te bid vir ‘n hart vol sagmoedigheid, nederigheid en geduld.

• Minder humeurig, opvlieënd en haatdraend te ewes omdat ons diep onder die besef is van God se sagte liefde en onverdiende genade in ons lewens.

Onthou Albert Einstein se woorde dat nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel, getel kan word nie.

Gaan leef hierdie laaste maand van die jaar vir hierdie dinge wat regtig tel . . .

Ryke seën word u toegebid.

 

Seestrome 2015: Die lewe het nie 'n

Ds. Stoney Coetzee

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai