Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Die meeste mense wil graag verandering hê, maar is nie altyd bereid om te verander nie. ‘n Baie wyse non van 75 jaar wat ek ken, sê altyd oor groei: “I choose to grow or I choose not to grow. The majority of people choose not to grow.” Ons is gemaklik met wie ons is en ons verkies om te bly soos ons is. Ons is gemaklik met die manier waarop ons die wêreld verstaan en God verstaan. Ons voel baie tuis met ons eie opinies.Tog is ons geloofstaal vol woorde wat dui op verandering. Een so ‘n woord is “bekering”. Miskien as ons die woord hoor, dink ons nie noodwendig aan groei nie, maar aan iemand wat nie geglo het nie en nou in Jesus glo. Die woord het baie meer nuanses. Ek wil graag kyk na twee woorde wat in die Nuwe Testament gebruik word en wat dui op groei en verandering. Dit is kragtige woorde. Die een is metanoia. Ons vertaal dit met “bekering” “repentance”. Die ander is metamorfo, wat vertaal word met “verander” of “transformer”. Metanoia word meestal vertaal met “bekeer” of “repent”. Ek dink ons alledaagse konnotasie met daardie woord het te make met “om tot geloof te kom”, om Jesus te aanvaar, om te begin glo. Eintlik het die woord alles met groei te make. Letterlik beteken dit “chan-ge of mind”, “verandering van gedagte of denke”. Ek het eers so oor iets gedink, nou dink ek so oor iets. Natuurlik as ek anders begin dink, sal ek anders begin optree. Johannes die Doper het tog die skare opgeroep om die vrug te dra wat by bekering pas (Mat-teus 3: 8). Ons beleef so ‘n moment van “bekeer” in Luk. 5:27-32. Hierdie verhaal het klaar meer as een laag van betekenis. Jesus roep Levi om Hom te volg. Daar is ‘n hele feesmaal van mense, meestal tollenaars, en Jesus eet saam met hulle. Die Fariseërs en Skrifkenners mor. Hulle dink nie Jesus moet met sulke mense assosieer nie. Jesus se antwoord is dat Hy daar is vir die siekes. Hy roep sondaars tot bekering, letterlik “to change their mind”. Ek dink die ander hoek van die vertelling is dat nie net die mense daar binne wat feesvier, moet hulle manier van dink verander nie, soos wat Levi heel moontlik gedoen het nie; Jesus se woorde konfron-teer ook die Fariseërs met hulle denke en murmurering. Ook julle moet anders oor my dink. Julle manier van kyk na mense en hulle klassifiseer, los. Die Fariseërs word geroep om te besef dat almal welkom is by God. Hierdie nuwe persepsie van mense en God vra ook “’n change of mind”. Dit vra natuurlik erkenning dat ek verkeerd was.
|
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.